120 episodes

Katbosbult is ‘n tipiese Karoodorpie met sy bekoring van Boerneef se Katbos en Kambro asook sy dwergvetplante. Sedert 2019 is dié vetplante gesogter en meer lonend as renosterstropery. Asiatiese markte het ‘n ongekende honger daarvoor. En midde in die armoede op die dorp word die steel van die vetplante ‘n plaag waarmee sersant Jakes Johnson nie meer kan tred hou nie. Dis veral weduwee Chrissie Celliers op haar plaas Halfmens, wat deurloop.

Katbosbult is ‘n mikrokosmos van Suid-Afrika. Daar is diegene met edele harte en opregte pogings om die gemeenskap op te hef. Maar midde-in die armoede en ellende gedy die misdaad, die afguns en die geskinder op die dorp.

Ván die akteurs wat rolle vertolk, het reeds die afgelope jare geliefd geword by die luisteraars: Ria Smit, Anton Dekker, Antowan Nöthling, Stefan Vermaak en Izel Bezuidenhout. Twee nuwelinge maak hul buiging in die reeks: Kaz McFadden en Rika Nieuwoudt.

Bettie Kemp speel self ook ‘n rol en is die vervaardiger van Katbosbult, ‘n 120 episode lekkerluister verhaal met spanning, humor en intrige, geskryf deur Joe Kleinhans.

Katbosbult Maroela Media

    • Fiction

    Katbosbult – Episode 1

    Katbosbult – Episode 1

    Dis die soveelste diefstal op Chrissie Celliers se plaas en sy is radeloos. Sersant Jakes Johnson moet dit ontgeld. Hoe moeilik kan dit nou wees om die skurke vas te trap wat haar dwergvetplante steel?! Dis nie al doring in haar vlees nie: Monique Maritz is ook.

    • 10 min
    Katbosbult – Episode 2

    Katbosbult – Episode 2

    Shirley Sinfield keer met ʼn indrukwekkende CV en ʼn sakeplan uit die buiteland na Katbosbult terug … om terug te ploeg in die gemeenskap waaruit sy gebore en getoë is. Iets dryf haar. Chrissie Celliers het ʼn geroosterde skaapnek in die oond en dis vir ʼn baie spesiale persoon … met ʼn baie spesiale plan daaragter.

    • 10 min
    Katbosbult – Episode 3

    Katbosbult – Episode 3

    Sersant Jakes Johnson se vrou Maggie het hom gelos. Sy maak die lewe vir hom moeilik … en dis nie net vir skei nie. Monique Maritz is vol planne en sy misbruik graag mense om haar daarmee te help.

    • 10 min
    Katbosbult – Episode 4

    Katbosbult – Episode 4

    Chrissie Celliers is op ʼn missie en ʼn geroosterde skaapnek is ʼn belangrike deel daarvan. Sy is soos ʼn orkaan, stuit vir niks en niemand nie. Shirley Sinfield leer dis wys om op Katbosbult jou woorde sorgvuldig te tel, maar sy trap nogtans ʼn liederlike stel af.

    • 10 min
    Katbosbult – Episode 5

    Katbosbult – Episode 5

    Leonardo le Roux, die kunstenaar met die poniesterthare, oorbel en hande vol nuwe planne vir Katbosbult tref die dorp. Hy is nie op sy mond geval nie. Eppo Engelbrecht kry die wind van voor met iemand wat hom opdraande gee. Daar is skielik heelwat skoenbokse wat moet Sjina toe.

    • 10 min
    Katbosbult – Episode 6

    Katbosbult – Episode 6

    Dat een skoenboks nou soveel drama kan veroorsaak ... Sersant Jakes Johnson kry ʼn onverwagse besoek en hy kry dit hotagter. Daar is ʼn verdagte nommer een vir die diefstal in Sersant Jakes Johnson se swart notaboekie.

    • 10 min

Top Podcasts In Fiction

Someone Is Killing The Wolfhounds
Voyage Media
The Last City
Wondery
The Sleepy Bookshelf
Slumber Studios
The Adventure Zone
The McElroys
Midnight Burger
Business Goose Media
پادکست رخ
Rokh Podcast