Is this your podcast?
Sign up to track ranks and reviews from Spotify, Apple Podcasts and more
rrRADIO
Lam in Wolfsklere
In die vervolgverhaal geskryf deur Bernette Bergenthuin, stel Elma Postma ons voor aan Amie Kühn. Amie se lewe is perfek – sy woon in die mooie Kaap, sy is mal oor haar werk as prokureur en sy gaan uit met die aantreklike Gerhard Vosloo. Maar die perfekte prentjie val vinnig uit mekaar toe sy besef dat sy en Gerhard nie heeltemal dieselfde oor mekaar voel nie. Vir meer inligting besoek www.rooirose.co.za of e-pos [email protected]
Listen now
Recent Episodes
Kobus voer iets in die mou, daarvan is sy seker. Amie sit tussen twee vure. Caro Marx het haar mooi gevra om Kobus se dinge aan hom bloot te lê, maar Kobus is haar vriend. Wat moet sy doen? Die Marx-broers bly nie lank haar grootste probleem nie – haar ouers lei haar in ‘n lokval.
Published 06/04/20
Antoinette konkel agter Amie se rug met Gerhard wat tot ‘n verdagte SMS-boodskap lei. Amie besef sy moet onder haar ma se voete uitkom en oortuig Kobus om saam met haar na meenthuise te begin kyk. In die proses boor hy ‘n sensitiewe aar oop, en Amie word deur haar eie spoke gekonfronteer.
Published 06/02/20
Teen middagete is Amie se senuwees rou. Hoe is dit moontlik? Sy was vas oortuig haar geluk het begin draai. Dat karma letterlik besluit het om die ander wang te draai.
Published 05/07/20
Do you host a podcast?
Track your ranks and reviews from Spotify, Apple Podcasts and more.
See hourly chart positions and more than 30 days of history.
Get Chartable Analytics »