Description
ANC-president Cyril Ramaphosa sê die party is in 'n krisis wat 'n drieledige aanslag verg om te bowe te kom. Die Afrikaanse Taalraad kritiseer die rektor en visekansellier van Universiteit Stellenbosch, prof. Wim de Villiers, oor sy hantering van die Wilgenhof-verslag. ’n SAUK-reeks oor die Khoisan palm 'n SAFTA prys in. Suid-Afrika neem vandeesweek deel aan 'n internasionale beraad oor stowwe wat die osoonlaag vernietig. Die WNNR stel 'n vervoerveiligheidslaboratorium in Pretoria bekend.
Die repokoers word weer verlaag. Die regering wil die gebruik van industriële plaagdoders by openbare skole verban. Die Internasionale Strafhof reik lasbriewe uit vir die inhegtenisneming van Benjamin Netanyahu en Yoav Gallant.
Published 11/22/24
Suid-Afrikaners staan gereed vir 'n verdere rentekoersverlaging, wat na verwagting vanmiddag aangekondig sal word. Die registrasie van wettige spaza-winkels vorder fluks. Die spertyd vir die opgradering van voorafbetaalde Eskom-elektrisiteitsmeters kom vinnig nader. Versuim om dit te doen, kan...
Published 11/21/24