Description
'n Sleutelfiguur in die Eskom-korrupsiesaga by die Kusile-kragstasie, Michael Lomas, word uit Londen na Suid-Afrika uitgelewer. Die Tshwane-metro is op 'n mespunt met intense onderhandelinge oor 'n nuwe koalisie om die stad te regeer. Pretoria maak hom gereed vir 'n skouspel in die lug.
Die regering sê hy oorweeg steeds die moontlikheid om voorvalle van voedselverwante siektes landwyd as 'n nasionale ramp te veklaar. Intussen sterf nóg 'n kind weens vermeende vergiftiging. Die DA maak 'n plan teen afdreiging as 'n misdaad bekend. SADEK se buitegewone beraad loop in Harare,...
Published 11/21/24
Gemoedere loop hoog nadat 'n 14-jarige tiener gisteroggend in Ravensmead op die Kaapse Vlakte doodgeskiet is. Die inflasiekoers daal tot 2,8%. Die parlement voer onderhoude met agt kandidate om die pos van adjunk-openbarebeskermer te vul.
Published 11/20/24