Description
Twintigduisend onwettige buitelanders word teen 'n koste van R52 miljoen gerepatrieer - net om weer terug te kom. Talle plekke in die Oos-Kaap word weens oorstromings ontruim. Die Amerikaanse presidentskandidaat, Donald Trump, bedien klante by die kitskosrestaurant, McDonalds. Hoë vlakke van misdaad in Gauteng dwing baie besighede om hulle deure te sluit.
Gemoedere loop hoog nadat 'n 14-jarige tiener gisteroggend in Ravensmead op die Kaapse Vlakte doodgeskiet is. Die inflasiekoers daal tot 2,8%. Die parlement voer onderhoude met agt kandidate om die pos van adjunk-openbarebeskermer te vul.
Published 11/20/24
Drie tieners sterf op die Kaapse Vlakte in bendeverwante skietvoorvalle. Nege jong kinders word in Mosselbaai in die hospitaal behandel in verband met moontlik vergiftigde kos van spazawinkels. Alle oë is op die Reserwebank wat vandeesweek 'n aankondiging oor rentekoerse sal maak. Dit is vandag...
Published 11/19/24