Description
Die politieke sepie van die verkiesings kom tot ’n einde met ’n NGU en ’n “ou” cupcake wat opslae maak. Of is die nog net die begin van die volgende 5 jaar se Sirius? Na ’n lang wag, het Suid-Afrika uiteindelik sy eie “Puss in Boots,” trots getooi in rooi. Nou is DANC in beheer van ons toekoms, terwyl die EFF en MK begin hul tande slyp as die nuwe opposisie.
Vir die petrolheads, Colene vertel oor die karre wat die wêreld en Suid-Afrika se beste verkopers is. Die hare waai wild in Pretoria en jy sal verbaas wees oor wat jou neus alles kan doen behalwe ruik!
In hierdie spesiale voor-Desember episode van KLETS op 27 November 2024, fokus ons op waterveiligheid en hoe om jou gesin veilig te hou hierdie feestyd. Ons gesels met Dhaya Sewduth, die president van Lifesaving South Africa, wat praktiese waterveiligheid wenke en belangrike tips deel. Of jy by...
Published 11/27/24
In hierdie week se KLETS ondersoek ons die Instituut vir Rasseverhoudings se onlangse #WhatSACanBe meningspeiling en verslag, wat op 12 November bekendgestel is. Colene en Matthys word vergesel deur Tebogo Ramatjie, ’n voormalige TuksFM-nuuspersoonlikheid en gerespekteerde TV-nuusvervaardiger....
Published 11/20/24