Episodes
In hierdie week se KLETS ondersoek ons die Instituut vir Rasseverhoudings se onlangse #WhatSACanBe meningspeiling en verslag, wat op 12 November bekendgestel is. Colene en Matthys word vergesel deur Tebogo Ramatjie, ’n voormalige TuksFM-nuuspersoonlikheid en gerespekteerde TV-nuusvervaardiger. Saam KLETS hulle oor die verslag se bevindinge en tackle die groot wit (of dalk swart?) rasisme-olifant wat steeds in die kamer bly rondhang. Die gesprek draai om rasverhoudings in Suid-Afrika: Is daar...
Published 11/20/24
Published 11/20/24
In hierdie week se KLETS-episode vra ons die vraag: Is Suid-Afrikaners lui, of is hulle dalk net nie geïnteresseerd om Checkers Sixty60-drywers te wees nie? Die meeste van hierdie drywers is buitelanders, wat beweer dat Suid-Afrikaners nie hierdie as ’n "regte werk" beskou nie. Is daar ’n werksetiek-krisis in Suid-Afrika, of is die "sosialistiese bestel" eenvoudig te gemaklik? Ons bespreek ook ActionSA se nuwe veldtog, #Spaza4Locals. Hierdie beweging stel Suid-Afrikaners eerste deur...
Published 11/13/24
In hierdie week se KLETS-episode gesels ons met die dieëtkundige, Ané Fourie oor gesonde eetgewoontes en of wyn jou regtig vet maak. Ané gee praktiese raad oor hoe om porsiegroottes te balanseer en gesonde gewoontes te handhaaf, selfs oor die feestyd! Ané gee ook haar insigte oor gewilde dieetgiere soos plantgebaseerde diëte en "intermittent fasting". Is hierdie giere maklike maniere om gewig te verloor, of net foefies wat jou uithonger? Met praktiese advies verduidelik sy hoe jy jou bord...
Published 11/06/24
Die EFF in Tshwane beweer nou dat dit “rasisties is om gras te sny” - is dit ’n desperate poging om relevant te bly, of soek hulle net aandag? Dankie, Herman Mashaba – jou “legacy” in die hoofstad sal ons nie sommer vergeet nie! Gayton McKenzie het ook iets om te sê: hy noem die MK-party se 2024-prestasie ’n “skok van formaat” en waarsku dat slegs die RNE Suid-Afrika kan red van ’n MK-tsunami in 2026. Maar kan Cyril die “G(a)NU” veilig deur die stormagtige waters stuur, of lê "DA" nog golwe...
Published 10/30/24
In hierdie spesiale Onderwyser Waarderingmaand-episode van KLETS, gesels Colene en Matthys met Matthys se voormalige Afrikaanse Juffrou, Carina Wassermann, wat tans hoof is van Hoërskool Wolmaransstad. Ons KLETS oor hoe die klaskamer deesdae lyk en kyk na die onlangste statistieke oor onderwysers se geestesgesondheid. Juffrou Wassermann deel hoe die klaskamer verander het, en hoe die geestesgesondheid van onderwysers drasties agteruitgegaan het en ’n eerlike bespreking oor die impak wat die...
Published 10/23/24
In hierdie KLETS gesels ons met Dr. Kathryn Malherbe van MediSol AI Solutions vir Borskankerbewustheidsmaand. Sy deel insigte oor algemene wanopvattings rondom borskanker, en hoe MediSol se AI-tegnologie ’n revolusie in die vroeë opsporing en diagnostiek van borskanker veroorsaak. Dr. Kathryn verduidelik hoe hul AI gebruik word om skanderings met meer akkuraatheid te ontleed. Besoek hul webwerf vir meer inligting: www.medsol.ai. Ons vier ook die lewe van Tito Mboweni, saam met sy vriendin,...
Published 10/16/24
In hierdie KLETS-episode het Matthys ’n gesprek met Jaco Kleynhans, Hoof van Internasionale Skakeling by Solidariteit, oor die voortgesette konflik tussen Israel en Palestina, wat nou al vir ’n jaar woed. Jaco verduidelik hoe die geopolitieke klimaat in die streek drasties verander het sedert die aanvang van die oorlog, en wie tans die oorhand blyk te hê. Daarbenewens bespreek Jaco ook die effek wat hierdie oorlog op Suid-Afrika het, veral in terme van ons land se diplomatieke posisie en...
Published 10/09/24
In hierdie KLETS-episode het Matthys ’n gesprek met Jaco Kleynhans, Hoof van Internasionale Skakeling by Solidariteit, oor die voortgesette konflik tussen Israel en Palestina, wat nou al vir ’n jaar woed. Jaco verduidelik hoe die geopolitieke klimaat in die streek drasties verander het sedert die aanvang van die oorlog, en wie tans die oorhand blyk te hê. Daarbenewens bespreek Jaco ook die effek wat hierdie oorlog op Suid-Afrika het, veral in terme van ons land se diplomatieke posisie en...
Published 10/09/24
In hierdie week se KLETS episode "be-klets" Colene en Matthys die jongste drama rondom ActionSA, Herman Mashaba en Tshwane. Is Mashaba besig om sy politieke relevansie te verloor, of is hy dalk net ’n pion in die ANC se strategie? Is die gedoente in Tshwane die eerste kraak in die RNE? Ons gesels oor die Jan Braai kontroversie. Volgens Netwerk24 is hy 'n rassis. Is die storie net mediastunts of swak joernalistiek? Is Netwerk24 besig om klieks te soek met sensasie waar die waarheid nie in...
Published 10/02/24
In hierdie KLETS episode het Colene en Matthys ’n lekker gesprek met niemand anders nie as Dr. Roy Page, veearts by Menlyn Vet Practice in Pretoria. Hulle klets oor alles van dieremaniere tot troeteldiergesondheid. Dr. Page deel sy kennis oor voeding, algemene sorg, en hoe om jou troeteldier gelukkig en gesond te hou. Of jy nou ’n kat of hond het, Dr. Page se insigte is vir jou! Maar dit is nie al nie! Colene deel ook ’n verrassende lys van die top 10 treine in die wêreld, en raai wat?...
Published 09/18/24
In hierdie episode KLETS Colene en Matthys saam met Marius Strauss, ’n gesoute makelaar en geregistreerde finansiële dienste verskaffer. Ons begin die gesprek met ’n terugblik op 11 September — waar was jy op die dag toe die wêreld tot stilstand gekom het ná die aanval op die World Trade Center? Dié dag het ’n impak op ons almal gelaat, en ons deel ons herinneringe daaraan. Ons skuif dan na ’n meer praktiese onderwerp: die tweepot-pensioenfondsstelsel in Suid-Afrika. Marius bespreek hoe...
Published 09/11/24
In hierdie lente-episode gesels Colene en Matthys met die bekende interior designer, Carin van Heerden van Carne Interiors, oor hoe jy jou huis kan verfris vir die nuwe seisoen. Carin gee praktiese wenke oor die nuutste trends vir 2025 en hoe jy jou leefruimte kan opkikker met haar gunsteling Dulux kleure. Of jy nou ’n volledige herontwerp beplan of net ’n paar opdaterings wil maak, hierdie episode is propvol kreatiewe idees en praktiese raad. Ons kyk na die Springbokke se oorwinning teen...
Published 09/04/24
In hierdie episode het ons heelwat om oor te KLETS! John Steenhuisen stel vir Roman Cabanac aan as sy Chief of Staff by die Departement van Landbou, en ons wonder saam hoe hy in ’n Boerboel broekie gaan lyk. 26ste Augustus was Toiletpapierdag en ons kom uiteindelik by die finale antwoord oor hoe jy die toiletpapierrol reg opsit. Colene deel ook haar baie spesifieke ritueel vir publieke badkamers — jy wil dit nie misloop nie! Ons bespreek van die onlangse nuusgebeure in Suid-Afrika, en neem...
Published 08/28/24
In dié episode KLETS ons lekker met Anné Pretorius oor haar nuwe boek, Memoires van jou moeder. Sy vertel hoe die boek ontstaan het en hoekom dit belangrik is om jou storie neer te skryf – want elkeen het mos maar sy ding om oor te vertel, né? Ons vier die afgelope naweek se groot oorwinnings in Perth-fontein: Dricus “Stillknocks” du Plessis wat behoorlik gaan bontstaan het, en natuurlik die Bokke! Intussen smeek Sophia vir Dolce & Gabbana parfuum – as iemand dalk wil weet wat om vir...
Published 08/21/24
In hierdie KLETS-episode gesels Colene en Matthys met Adine Roode, die brains agter HERD (Hoedspruit Elephant Rehabilitation and Development). Ja, dis reg, ons praat olifante — en nie sommer enige olifante nie, maar Jabulani, die beroemde Amarula-bottel ster! Adine deel hoe dit is om vir hierdie massiewe reuse te sorg, en wat ’n dag in die lewe van ’n olifant-versorger behels. Spoiler alert: dit behels baie meer as net groot drolle en nóg groter porsies kos! Dan draai ons na iets net so...
Published 08/14/24
In hierdie episode het ons ’n fassinerende gesprek met Tristán Kapp, of beter bekend as die Friendly Satanists, wat die lig werp op wat jy dalk nog altyd vermoed het oor die onderwêreld. Tristán deel sy perspektief op geloof, spesifiek satanisme en christenskap, en ons verken ook ander ideologieë en die invloed van politiek in die geloofswêreld. Verder bespreek ons die opspraakwekkende voorval waar ’n tent profeet ’n laerskool bestorm met ’n machete – ’n gebeurtenis wat beslis kerkleiers en...
Published 08/07/24
In hierdie episode het ons ’n fassinerende gesprek met Tristán Kapp, of beter bekend as die Friendly Satanists, wat die lig werp op wat jy dalk nog altyd vermoed het oor die onderwêreld. Tristán deel sy perspektief op geloof, spesifiek satanisme en christenskap, en ons verken ook ander ideologieë en die invloed van politiek in die geloofswêreld. Verder bespreek ons die opspraakwekkende voorval waar ’n tent profeet ’n laerskool bestorm met ’n machete – ’n gebeurtenis wat beslis kerkleiers en...
Published 08/07/24
Ons KLETS oor die opening van die Olimpiese Spele in Paris 2024. Lady Gaga se piek Karoo Vere was Suid-Afrika se eerste pronk! Die geskiedenisles van die Bastille was indrukwekkend, maar die res van die seremonie het vir sommiges soos 3 ure van gogga maak vir baba bang. Tannie Celine sing haar hart uit, maar los die mince-manne ontevrede. Tatiana draai ons piek veer pronk in solide goud in! Matthys het met Marlien Cronje en Michelle van Biljon van Dynamic Women for Children gesels oor hul...
Published 07/31/24
Dis tyd vir nog 'n KLETS en hierdie keer met "regte nuus"! In hierdie episode het ons die joernalis, Izak du Plessis van Nuuspod, by ons. Izak KLETS saam oor die Regering van Nationale Eenheid en President Cyril Ramaphosa se toespraak tydens die opening van die parlement. Izak gee sy mening oor waar die RNE dalk kan sink soos ’n Titanic op ’n koue Donderdagaand. Is daar dalk ’n ysberg op die horison? Daarna neem ons ’n draai oor die Atlantiese Oseaan en bekyk die Amerika situasie met Biden...
Published 07/24/24
Hierdie week op KLETS neem Colene ons op ’n onvergeetlike reis met die term “raw dogging.” En nee, dit het niks met kondome te doen nie! Die Olimpiese Spele begin op 26 Julie 2024, en ons het baie te sê oor die nuwe logo wat onrusbarend baie soos ’n Karen lyk. Het iemand dalk inspirasie gekry van hul buurvrou? En Trump? Hy “oor”-leef ’n sluipmoordpoging, of is daar dalk ’n konkelspel aan die gang? Die GNU skop hul eerste parlementêre sitting af op 18 Julie. Wat het MK in hul mou, en wat...
Published 07/17/24
Dis 9:00 op ’n koue winters Woensdag, en ons het wyn! ‘n Spesiale dankie aan Rihann vir die heerlike bederf van besondere wyne van die plaas Rainbow’s End. In vandag se episode gesels ons met Quentin Goldschagg van QG Realty in Gauteng oor die nuutste verwikkelinge in die huis mark. Ons dek die moets en moenies van huiskoop en -verkoop, en bespreek of jy uie moet braai of brood moet bak voor potensiële kopers kom kyk na jou huis. Juju maak ’n stylvolle verskyning by die Durban July met ’n...
Published 07/10/24
In vandag se episode van KLETS vlieg Matthys solo. En nee, dit is nie omdat hy oor politiek wil praat en Colene gatvol is vir die politieke sepie nie. Prof Piet Croukamp, verbonde aan die Noordwes-Universiteit en ’n kenner op die gebied van politieke wetenskap, sluit by ons aan om sy insigte te deel oor die Regering van Nationale Eenheid (RNE). Hy bespreek hoe hierdie regering gevorm is en wat ons in die volgende vyf jaar kan verwag. Sal die RNE werklik verandering bring, of gaan ons meer...
Published 07/03/24
In vandag se episode van KLETS vlieg Matthys solo. En nee, dit is nie omdat hy oor politiek wil praat en Colene gatvol is vir die politieke sepie nie. Prof Piet Croukamp, verbonde aan die Noordwes-Universiteit en ’n kenner op die gebied van politieke wetenskap, sluit by ons aan om sy insigte te deel oor die Regering van Nationale Eenheid (RNE). Hy bespreek hoe hierdie regering gevorm is en wat ons in die volgende vyf jaar kan verwag. Sal die RNE werklik verandering bring, of gaan ons meer...
Published 07/03/24
Sport hou ons Suid-Afrikaners aan die gang. Die Bokke blink steeds. Pretoria is wel bietjie minder blou, of dalk meer. Kan iemand die GNU aanjaag… “Afrika-tyd” het ook sy preke. Terwyl Tannie Helen en Oom Cupcake die GNU roei, gooi Julias sy spane die hele X vol. Ian Cameron het ’n nuwe target op sy rug, asof die arme man nie genoeg koeëls op ’n daaglikse basis moet dodge nie. Op ’n ligter noot, KLETS ons heerlik met Guinness Wêreldrekordhouer, Billy Cowley, ook bekend as die Marmite man....
Published 06/26/24