Episodes
Die politieke sepie van die verkiesings kom tot ’n einde met ’n NGU en ’n “ou” cupcake wat opslae maak. Of is die nog net die begin van die volgende 5 jaar se Sirius? Na ’n lang wag, het Suid-Afrika uiteindelik sy eie “Puss in Boots,” trots getooi in rooi. Nou is DANC in beheer van ons toekoms, terwyl die EFF en MK begin hul tande slyp as die nuwe opposisie. Vir die petrolheads, Colene vertel oor die karre wat die wêreld en Suid-Afrika se beste verkopers is. Die hare waai wild in Pretoria en...
Published 06/19/24
Die span is terug soos oudergewoonte op ’n Woensdag met nog ’n KLETS. In vandag se episode gesels Colene en Matthys met Dr. Tertius Venter, ’n plastiese chirurg wat sy lewe daaraan wy om mense in nood te help. Dr. Tertius het ’n inspirerende verhaal van toewyding en medelye, met ’n loopbaan wat beide sy sendingswerk en sy diens op Mercy Ships insluit. Mercy Ships is ’n organisasie wat mediese sorg aan die armste gemeenskappe in die wêreld verskaf deur middel van ’n hospitaalskip. Dr. Tertius...
Published 06/12/24
Dis ʼn land van kleure en klank, dis ʼn land van oorvloed en dank … maar is dit nog ’n land waar almal nog strewe? Die bevolking het hulle kruisies getrek… wel, sommige van hulle. ’n 58% opkoms van geregistreerde kiesers sê dalk meer van ons as swak burgers as wat dit sê van ons swak “luierskap”. Nietemin, die min van ons wat lus genoeg was om op te staan en die rye te gaan aandurf het gesorg vir interessante resultate. Die ANC eet “humble cupcake”, Julius is stil in die stoute hoekie, die DA...
Published 06/05/24
Noord, Suid, Oos en Wes… kyk in enige rigting en dis doom en gloom. ’n Verkeerslig wat nie werk nie, ‘n honger bedelaar, ‘n pothole, en dan Cyril se “let’s do more”. So in hierdie episode kyk ons eerder OP! Ons praat met die bekroonde sterrekundige, en algeheel lekker ou, Prof David Block oor die merkwaardige en rare verskynsel– die Aurora’s, wat op die 10de en 11de Mei gesien is van Gansbaai tot by Etosha. Prof Block verduidelik vir ons die wetenskap agter die ligte skouspel. Buiten...
Published 05/15/24
Mense en hulle dinge… en fok, hulle het baie dinge! Shell, daai geel en rooi garage, het 122 jaar oorleef—wêreldoorloë, apartheid, en talle sanksies, maar swyg voor BEE en die ANC se kontantvloei konkoksies. Iemand moet die DA red van hulle bemarkingsagentskap… 'all is fair in electioneering' maar hemel, mens brand nie jou landsvlag nie. Ons sluit politiek af met niemand meer van pas as umkhulu Zuma, op mediese parool, dans hy soos 'n 2-jarige en woed steeds sy soeke na aandag in die howe....
Published 05/08/24
In vandag se KLETS gesels Colene en Matthys met bekroonde joernalis, Daniëlla van Heerden. Daniëlla loer in om te gesels oor haar podcast, "'n Ma en 'n Mikrofoon," wat binnekort ook op Afrikaans.Radio beskikbaar sal wees. Ons gesels oor alles van ouerskap en kinders grootmaak, tot 'n knippie politiek hier en daar. 1 Mei het ons vanjaar met 'n paar ekstra verrassings verras, nie net May Day nie! Check ons uit op YouTube! Colene en Matthys soos gewoonlik baie om te sê oor wat als hier by...
Published 05/01/24
In die nuutste episode van KLETS, het ons 'n gevatte gesprek met die joernalis en konsultant, Camilla Bath, oor die evolusie van nuusdekking met die oog op die opkomende verkiesing. Colene deel ook haar onlangse avonture by Woolies en wonder of ons dalk vir Markus Jooste by Woolworths gaan betrap terwyl hy avokado's koop. Virgin Active is nou oopkop oor wie hulle badkamers gebruik – man of vrou of dit wat dink hul is een van die twee, almal is welkom. En in die polisiekantore, ons praat...
Published 04/24/24
In vandag se KLETS worstel Matthys deur die mis van 'n wyn-brein om sy woorde te vind, terwyl Colene gelukkig op die ball is met al die vars stories. Is die toekoms van joernalistiek werklik so somber soos wat die Daily Maverick dit uitgemaak het op die 15de April 2024?" Die gesprek neem 'n draai na die onvermydelike onderwerp van "Woke-ness," wat, soos 'n bad joke, nooit regtig weggaan nie. Die weer in Margate is rebels en onvoorspelbaar, maar die Wimpy op die hoofstrand is blykbaar...
Published 04/18/24
Vandag op KLETS gesels on met Ronell Swanepoel, Operationele Bestuurshoof van Travel with Flair, wat ons insig gee oor hoe om 'n reis behoorlik aan te pak. Sy deel die noodsaaklikhede van reisbeplanning, van die eerste stappe tot die afronding, insluitend wenke vir diegene wat die beste van internasionaal en ook in Suid-Afrika op 'n begroting wil ervaar. Ronell laat ons ook in op haar gunsteling reisbestemming en waarom dit so spesiaal is. In ander nuus, SAL is op 'n soek vir vars...
Published 04/10/24
Glo dit of nie, maar KLETS en Afrikaans.Radio is een jaar oud! Dankie aan een en elk wat luister, deel, vir ons skryf en ons op ons tone hou. Ons waardeer jul ore en jul tyd. Hier is op die volgende jaar! Cheers! Die span be-KLETS vandag die Nosiviwe Mapisa-Nqakula rumoer – die storie wat almal se ore laat spits. Dr. Piet Croukamp kom wei uit met sy kennermening, wat beslis 'n paar wenkbroue gaan laat lig.
Published 04/03/24
In KLETS gesels die span met Dr. Micki Pistorius. Micki is 'n Suid-Afrikaanse forensiese sielkundige en skrywer. Sy was die eerste profielskrywer in Suid-Afrika wat aan baie hoë-profiel sake gewerk het, wat onder andere reeksmoordenaars insluit. Sy is bekend vir haar outobiografie, Catch me a Killer (2000), waarop 'n televisiereeks van dieselfde naam gebaseer was, wat in 2024 vrygestel is. Micki gesels met ons oor die reeks, reeksmoordenaars, en ander interessanthede. Verder vertel Colene...
Published 03/27/24
Colene is terug uit die Noorde en die Afrika hitte ontmoedig haar. Die span gesels met Prof Johan Oberholster van Die MootProjek in Pretoria. Johan vertel waar die inspirerende projek begin het wat die krag van 'n gemeenskappe wat saam werk illustreer. Hy deel raad en struikelblokke wat vermy moet word om soortgelyke projekte in jou buurt of dorp te vestig. Suid-Afrikaners is baie lojaal aan hul kaarte en punte en die Olimpiese Spele se atleetdorp gaan seker maak daar is genoeg kondome.
Published 03/20/24
Colene is terug uit die Noorde en die Afrika hitte ontmoedig haar. Die span gesels met Prof Johan Oberholster van Die MootProjek in Pretoria. Johan vertel waar die inspirerende projek begin het wat die krag van 'n gemeenskappe wat saam werk illustreer. Hy deel raad en struikelblokke wat vermy moet word om soortgelyke projekte in jou buurt of dorp te vestig. Suid-Afrikaners is baie lojaal aan hul kaarte en punte en die Olimpiese Spele se atleetdorp gaan seker maak daar is genoeg kondome.
Published 03/20/24
In hierdie KLETS episode neem Colene ons saam op 'n avontuur na die noorde om die Nothernlights te ervaar. Colene deel haar opwinding en verwondering oor die skouspel wat die Noorderligte is, terwyl jy dit wel eintlik net kan sien deur jou selfoon se lens. Colene “preek” en deel haar gedagtes oor hoe beskawing se wyn duurder is en kollektiewe verantwoordelikheid ons ondergang is.
Published 03/13/24
In KLETS vandag gesels Matthys met die Animal Healer en Communicator Hettie Richter oor hoe sy met diere gesels en hulle help om hul behoeftes en gedrag te verstaan. Sy gebruik haar intuïsie om die boodskappe te interpreteer wat die diere oordra deur hul liggaamstaal, vokalisasies, en energiepatrone. Deur genesing en kommunikasie help Hettie om die lewenskwaliteit van diere te verbeter en 'n dieper verbinding tussen jou en jou dier te bevorder. Sophia, 'n ander deelnemer aan die gesprek,...
Published 03/06/24
Vandag op KLETS vier ons Nasionale Melktert Dag! Die koningin van die Melktert, Lucinda Rosa Neethling van Die Melktert Kommissie Band, gesels oor die terte, haar musiek, kuns en liedjies. Ons ontmoet ook Liriek, die dogtertjie van Lucinda en Bouwer. Verder deel Matthys se ma haar maklike mikrogolf melktert resep met ons. Volgende week is Colene in die noorde en hoor ons meer van haar soektog na die noordelike ligte. So tot dan bak 'n melktert en leef stadiger!
Published 02/28/24
Is dit vandag D-dag vir Suid-Afrikaners? Die minister van Finansies, Enoch Godongwana, lewer vandag sy begrotingsrede vir 2024. Dit mag een van die moeilikste wees, want die koffers is leeg, maar die ANC moet steeds die regering aan bewind hou. Ons KLETS met Andre Cilliers, valutastrateeg by TreasuryONE, oor wat ons vanjaar van die minister kan verwag. Hoe lyk die vooruitsigte vir die staatskas, en is die IMF op ons spoor? Terwyl Fikile in Rusland kuier en ministers smul aan KFC, staan...
Published 02/21/24
In 'n spesiale uitsending van KLETS gesels Matthys met krimi-skrywer Sidney Gilroy oor sy nuutste boek, "Bloedsomer", wat Mooibaai as agtergrond het. Hierdie gesprek laat ons die man agter die karakters soos Sollie en nou ook Petunia beter verstaan. Sidney is ook die aanbieder van die #BOEKPOD op Afrikaans.Radio, en hy gee 'n voorskou oor wat ons kan verwag in die komende podsendings. "Bloedsomer" sal vanaf 8 Maart 2024 beskikbaar wees. As jy belangstel om die boek aanlyn aan te skaf, kan...
Published 02/16/24
Laat ons jou lei deur die tuin van liefde op hierdie spesiale dag van Val-in-die-tuin! As jy nog nie jou dag beplan het nie, sit terug en luister na Dr. Eugene Viljoen, 'n vooraanstaande kliniese sielkundige en seksuoloog, wat sy insigte deel oor die lekkernye en uitdagings binne verhoudings en tussen die lakens. Ons gesels ook met Sidney Gilroy oor die nuwe potgooi #BOEKPOD wat nou op Afrikaans.Radio beskikbaar is. Ons deel in die komiese avonture van Juju en sy party lede terwyl hulle...
Published 02/14/24
In die spesiale uitsending van Klets gesels ons met Dr. Piet Croucamp, 'n politieke analis en senior dosent aan die NWU se besigheidsskool, oor gisteraand se staatsrede. Ons vreeslose President Squirrel het baie "recovery" planne voorgehou en het gewys dat waar sy intellek kort skiet, sy verbeeldingskrag verseker nie agterbly nie! Piet werp vir ons lig op die president se optrede. Hy deel waardevolle insigte oor die stand van die ANC, die militêre intriges van KZN, en wat die president nie...
Published 02/09/24
Die span is terug na 'n week van donkerte in Pretoria. Matthys se frustrasie oor die gebrek aan krag is duidelik, en dis "DA" waar die kak begin. Mense op die pad laat Colene wonder of ons nog menslik is en waarheen die mensdom op pad is. Die Kintsugi Queen, Yoke van Dam, gesels met ons oor leierskap, die invloed van "work from home" op besighede en spanne, asook hoe om die verskillende generasies in 'n span beter te verstaan en te bestuur. Hou jou asem op! Môre is SONA, en Colene...
Published 02/07/24
Die span is terug en KLETS oor die week se gebeure. Almal weet nou wat ons weet na Dricus "Stillknocks" du Plessis se oorwinning as die eerste Suid-Afrikaner wat die UFC-kampioenskap gewen het. Die punte is uit en volgens die regering het die matrieks van 2023 die beste gedoen in die geskiedenis. Dit is nou wel bekend dat 'n slaagsyfer van 30% goed genoeg is. Bestuurskonsultant en skrywer Gielie Hoffmann gesels oor politiek, die verkiesing, leierskap, kinders en ouer wees. En soos Gielie sê...
Published 01/24/24
Nuwe jaar nuwe dinge. Die jaar van die draak is hier en mag die draak sterker wees as ons monsters. Mag die draak vuur braak oor ons vet gevrete leiers. Liberate yourself dit is die “Age of Aquarius”. Ons gesels met die clairvoyant, That Zen Guy, want die nommers en die politikuste lieg so ons kyk nou na die sterre vir rigting en wysheid. Die kinders bly dom want 30% slaagsyfer, jy weet mos dit maak vir Angie happy, is genoeg. Wie is die ANC se “sugerdaddy” want hul het duidelik met hul dik...
Published 01/17/24
Die span beklets die braaksels en joligheid van 2023. Van die EFF, Israel, Cyril tot Hamas maar wie gee om want die Bokke laat ons steeds saam skrum. Nuwe jaar nuwe dinge en ook ‘n nuwe formaat vir KLETS in 2024. Lekker julle slette, dankie vir een en elk wat geluister het in 2023 ons sien julle anderkant die Kersboom. Wees soet en as jy nie soet is nie neem foto’s.
Published 12/14/23
No nut November is ‘n pot kak, moenie jouself inhibeer nie! In die woorde van Elon Musk, ”go f**k yourself”. Dit is daai tyd van die jaar, prestasiebeoordeling vir almal maar nie vir Cyril se span nie. Die week se nuus kan jou tot trane dryf maar ons “maak-‘n-plan” gees bring ‘n lied tot elke hart.
Published 11/30/23