Description
Die span is terug en KLETS oor die week se gebeure. Almal weet nou wat ons weet na Dricus "Stillknocks" du Plessis se oorwinning as die eerste Suid-Afrikaner wat die UFC-kampioenskap gewen het. Die punte is uit en volgens die regering het die matrieks van 2023 die beste gedoen in die geskiedenis. Dit is nou wel bekend dat 'n slaagsyfer van 30% goed genoeg is.
Bestuurskonsultant en skrywer Gielie Hoffmann gesels oor politiek, die verkiesing, leierskap, kinders en ouer wees.
En soos Gielie sê "Kyk mooi na jouself en jou kinders". Tot volgende week.
In hierdie week se KLETS ondersoek ons die Instituut vir Rasseverhoudings se onlangse #WhatSACanBe meningspeiling en verslag, wat op 12 November bekendgestel is. Colene en Matthys word vergesel deur Tebogo Ramatjie, ’n voormalige TuksFM-nuuspersoonlikheid en gerespekteerde TV-nuusvervaardiger....
Published 11/20/24
In hierdie week se KLETS-episode vra ons die vraag: Is Suid-Afrikaners lui, of is hulle dalk net nie geïnteresseerd om Checkers Sixty60-drywers te wees nie? Die meeste van hierdie drywers is buitelanders, wat beweer dat Suid-Afrikaners nie hierdie as ’n "regte werk" beskou nie. Is daar ’n...
Published 11/13/24