Te Goed vir Werk, of Net Lui?
Listen now
Description
In hierdie week se KLETS-episode vra ons die vraag: Is Suid-Afrikaners lui, of is hulle dalk net nie geïnteresseerd om Checkers Sixty60-drywers te wees nie? Die meeste van hierdie drywers is buitelanders, wat beweer dat Suid-Afrikaners nie hierdie as ’n "regte werk" beskou nie. Is daar ’n werksetiek-krisis in Suid-Afrika, of is die "sosialistiese bestel" eenvoudig te gemaklik? Ons bespreek ook ActionSA se nuwe veldtog, #Spaza4Locals. Hierdie beweging stel Suid-Afrikaners eerste deur plaaslike ondernemings te ondersteun, maar roep ook vrae op oor die moontlike xenofobiese ondertone. Is dit ’n goeie poging om ekonomiese geleenthede vir Suid-Afrikaners te skep, of net nog ’n manier vir Herman Mashaba om weer aandag te trek? Intussen praat ons oor die druk wat huiswerkers steeds voel met werksgeleenthede wat ná COVID verminder het. En in Johannesburg word nuwe waterbeperkings of “throttling” ingestel, maar is dit weens Gauteng se R7,3 biljoen skuld aan Rand Water, of het ons werklik ’n waterkrisis?
More Episodes
In hierdie week se KLETS ondersoek ons die Instituut vir Rasseverhoudings se onlangse #WhatSACanBe meningspeiling en verslag, wat op 12 November bekendgestel is. Colene en Matthys word vergesel deur Tebogo Ramatjie, ’n voormalige TuksFM-nuuspersoonlikheid en gerespekteerde TV-nuusvervaardiger....
Published 11/20/24
Published 11/20/24
In hierdie week se KLETS-episode gesels ons met die dieëtkundige, Ané Fourie oor gesonde eetgewoontes en of wyn jou regtig vet maak. Ané gee praktiese raad oor hoe om porsiegroottes te balanseer en gesonde gewoontes te handhaaf, selfs oor die feestyd! Ané gee ook haar insigte oor gewilde...
Published 11/06/24