Sterre, Stemme en Solar Panele: ’n Kosmiese Komedie
Listen now
Description
Dis ʼn land van kleure en klank, dis ʼn land van oorvloed en dank … maar is dit nog ’n land waar almal nog strewe? Die bevolking het hulle kruisies getrek… wel, sommige van hulle. ’n 58% opkoms van geregistreerde kiesers sê dalk meer van ons as swak burgers as wat dit sê van ons swak “luierskap”. Nietemin, die min van ons wat lus genoeg was om op te staan en die rye te gaan aandurf het gesorg vir interessante resultate. Die ANC eet “humble cupcake”, Julius is stil in die stoute hoekie, die DA glimlag soos ’n onseker bruid en ons almal weet nou MK is nie net die ou musiek kanaal op DSTV nie… As jy deurmekaar en onseker is na die laaste week, ons is ook! Ons kon seker wend na die insigte van nog ‘n politieke ontleder, maar die KLETS span het besluit om eerder die insigte van ’n astroloog in te roep! Want ons haat vervelig. Ons gesels met vername astroloog Catherine Laurent oor wat sy en die sterre en planete sien rondom koalisies, internasionale kwessies, beleggings en selfs loadshedding. Dit lyk of die sterre uiters hoopvol is. Moet nog nie jou huis op die mark sit en jou tassie pak nie! Maar daai Solar panele waaraan jy nog sit en dink was ook nie ’n kak idee nie! Kontak Catherine Laurent per WhatsApp by 079 696 6740 as jy jou sterre wil lees… jy sal jou sterre dank as jy dit doen.
More Episodes
In hierdie week se KLETS ondersoek ons die Instituut vir Rasseverhoudings se onlangse #WhatSACanBe meningspeiling en verslag, wat op 12 November bekendgestel is. Colene en Matthys word vergesel deur Tebogo Ramatjie, ’n voormalige TuksFM-nuuspersoonlikheid en gerespekteerde TV-nuusvervaardiger....
Published 11/20/24
Published 11/20/24
In hierdie week se KLETS-episode vra ons die vraag: Is Suid-Afrikaners lui, of is hulle dalk net nie geïnteresseerd om Checkers Sixty60-drywers te wees nie? Die meeste van hierdie drywers is buitelanders, wat beweer dat Suid-Afrikaners nie hierdie as ’n "regte werk" beskou nie. Is daar ’n...
Published 11/13/24