Israel se Bloed, Anné se Boek, en ’n Bruilof se Bloutjie
Listen now
Description
In dié episode KLETS ons lekker met Anné Pretorius oor haar nuwe boek, Memoires van jou moeder. Sy vertel hoe die boek ontstaan het en hoekom dit belangrik is om jou storie neer te skryf – want elkeen het mos maar sy ding om oor te vertel, né? Ons vier die afgelope naweek se groot oorwinnings in Perth-fontein: Dricus “Stillknocks” du Plessis wat behoorlik gaan bontstaan het, en natuurlik die Bokke! Intussen smeek Sophia vir Dolce & Gabbana parfuum – as iemand dalk wil weet wat om vir haar te koop! En as jy dink on nie-genooi word na ‘n troue toe nie is erg, wag tot jy hoor van die paartjie in die UK wat sê: “Jammer, jy’s nie genooi nie!”
More Episodes
In hierdie week se KLETS ondersoek ons die Instituut vir Rasseverhoudings se onlangse #WhatSACanBe meningspeiling en verslag, wat op 12 November bekendgestel is. Colene en Matthys word vergesel deur Tebogo Ramatjie, ’n voormalige TuksFM-nuuspersoonlikheid en gerespekteerde TV-nuusvervaardiger....
Published 11/20/24
Published 11/20/24
In hierdie week se KLETS-episode vra ons die vraag: Is Suid-Afrikaners lui, of is hulle dalk net nie geïnteresseerd om Checkers Sixty60-drywers te wees nie? Die meeste van hierdie drywers is buitelanders, wat beweer dat Suid-Afrikaners nie hierdie as ’n "regte werk" beskou nie. Is daar ’n...
Published 11/13/24