Olifante, Olimpiese helde en ’n bietjie Breakdance
Listen now
Description
In hierdie KLETS-episode gesels Colene en Matthys met Adine Roode, die brains agter HERD (Hoedspruit Elephant Rehabilitation and Development). Ja, dis reg, ons praat olifante — en nie sommer enige olifante nie, maar Jabulani, die beroemde Amarula-bottel ster! Adine deel hoe dit is om vir hierdie massiewe reuse te sorg, en wat ’n dag in die lewe van ’n olifant-versorger behels. Spoiler alert: dit behels baie meer as net groot drolle en nóg groter porsies kos! Dan draai ons na iets net so groot — werkloosheid. Dit lê die land en die ekonomie lam en die het dalk nou die RNE (Regering van Nasionale Eenheid) se knieë. National eenheid is aan die oorhand van die dag maar as die DA net kan ophou om soos ’n arrogante kind op te tree, speel hulle dalk nie so lekker in die ANC se hande soos tans nie. Maar wag, daar is goeie nuus! Ons Olimpiese helde is terug, blink met ses medaljes om hul nekke. Tyd om bietjie trots te wees en dalk ’n les of twee by hulle te leer — maar beslis nie van die Australiese breakdancer nie! Dít is een les wat ons veilig kan los.
More Episodes
In hierdie week se KLETS ondersoek ons die Instituut vir Rasseverhoudings se onlangse #WhatSACanBe meningspeiling en verslag, wat op 12 November bekendgestel is. Colene en Matthys word vergesel deur Tebogo Ramatjie, ’n voormalige TuksFM-nuuspersoonlikheid en gerespekteerde TV-nuusvervaardiger....
Published 11/20/24
Published 11/20/24
In hierdie week se KLETS-episode vra ons die vraag: Is Suid-Afrikaners lui, of is hulle dalk net nie geïnteresseerd om Checkers Sixty60-drywers te wees nie? Die meeste van hierdie drywers is buitelanders, wat beweer dat Suid-Afrikaners nie hierdie as ’n "regte werk" beskou nie. Is daar ’n...
Published 11/13/24