Description
Morné Basson is die verpersoonliking van ‘n ‘Klipkouer'. En, die ideale persoon om 72km/dag fiets te trap vir 72 opeenvolgende dae. Dit doen Morné ter ondersteuning van The Character Company, wat mentorskap aanbied vir jong seuns wat grootword met ‘n afwesige pa.
Morné is ‘n merkwaardige langasem, en het al 72 marathons afgelê, op ‘n trapmeul, ter bewusmaking van motorneuronsiekte, en in 2015 selfs die Comrades voltooi op ‘n passasierskip in Alaska!
Morné beskik egter nie alleen oor ongelooflike fisiese uithouvermoë nie, sy geestelike deursettingsvermoë is onlangs ook deeglik op die proef gestel met die skielike heengaan van die groot liefde in sy lewe.
Hier is sy hartroerende en inspirerende verhaal.
Neels Grieshaber is nie alleen ‘n suksesvolle boer van die Ellisras-distrik in die Bosveld nie. Hy is ook ‘n entrepreneur by uitnemendheid. Neels is die baasbrein agter die bekroonde alles-in-een klamptang, Magi-Clamp, wat ontwerp, ontwikkel en vervaardig is om draadklampe effektief vas te maak...
Published 04/08/21