Neels Grieshaber
Listen now
Description
Neels Grieshaber is nie alleen ‘n suksesvolle boer van die Ellisras-distrik in die Bosveld nie. Hy is ook ‘n entrepreneur by uitnemendheid. Neels is die baasbrein agter die bekroonde alles-in-een klamptang, Magi-Clamp, wat ontwerp, ontwikkel en vervaardig is om draadklampe effektief vas te maak op enige pyp of spuitslang of veerkragtige materiaal of ander klamptoepassings. ‘n Voortdurende gesukkel om stukkende waterpype op die plaas en in voertuie te herstel, het Neels genoop om te begin eksperimenteer, en hy het die baanbrekerswerk van sy oorlede oom, Jimmy Grieshaber, verder gevoer en vervolmaak. Juis daarom noem hy die Magi-Clamp ook die ‘Jimmy’ Tool’...
More Episodes
Neels Grieshaber is nie alleen ‘n suksesvolle boer van die Ellisras-distrik in die Bosveld nie. Hy is ook ‘n entrepreneur by uitnemendheid. Neels is die baasbrein agter die bekroonde alles-in-een klamptang, Magi-Clamp, wat ontwerp, ontwikkel en vervaardig is om draadklampe effektief vas te maak...
Published 04/08/21
Published 04/08/21
Morné Basson is die verpersoonliking van ‘n ‘Klipkouer'. En, die ideale persoon om 72km/dag fiets te trap vir 72 opeenvolgende dae. Dit doen Morné ter ondersteuning van The Character Company, wat mentorskap aanbied vir jong seuns wat grootword met ‘n afwesige pa. Morné is ‘n merkwaardige...
Published 12/07/20