SOETE WRAAK deur Karen Wessels
Listen now
Description
As Lisa Bruwer by ‘n kamer instap, straal haar aura nie elektriese seksualiteit nie. Sy word gesien as ‘n moederfiguur, ‘n vriendin, die ouer sussie op wie se knoppie jy enige tyd kan druk. Ons het ons heldin al in die radioteater, Soete Drome, ontmoet, en haar leer ken as die versorger, die maatskaplike werker wat lojaal haar gemeenskap dien. Maar daar is ‘n punt in enige een se lewe waar jy die mantel as ewige vriend van jou skouers wil aftrek, en jouself wil oopmaak as iemand se wederhelfte wat saam in die liefde kan deel. Sersant Tiaan Malherbe probeer nou al vir jare die moed bymekaar skraap om Lisa uit te vra, homself weerloos te maak, en sy eie hart in die spervuur van verwerping te plaas. Sal sy die kans waag en haar hart aan die onbekende ontbloot? Of veilig in die bekende rus, en die onsekerheid wat met risiko gepaard gaan ontglip? Die spelers is Pierre Breytenbach, Marina Coetzee, Kevin Smith, Donovan Pietersen, Casper Lourens en Reginald Hufkie. Die regisseur is Karen Wessels.
More Episodes
Abraham Cloete sukkel voort op sy plaas in die Sandveld ná sy vrou se dood. Sy dogter kom help hom na haar terugkeer uit Kaapstad, waar sy gekwalifiseer het as verpleegster. Dit is ‘n laat Saterdagmiddag, Junie 1940, en ‘n storm is aan die broei oor die Weskus. Ryk Swanepoel die polisiesersant...
Published 11/21/24
Published 11/14/24
Die drama speel af op ’n denkbeeldige gehuggie in ’n afgeleë woestynstreek van die land. Maria, ’n swanger tiener, word deur die gesagsfigure van die dorp – die dominee, die koster, die polisiesersant en die dokter – seksueel misbruik. Sy glo haar enigste hoop is om uit Putsonderwater te ontsnap,...
Published 11/07/24