Episodes
As Lisa Bruwer by ‘n kamer instap, straal haar aura nie elektriese seksualiteit nie. Sy word gesien as ‘n moederfiguur, ‘n vriendin, die ouer sussie op wie se knoppie jy enige tyd kan druk. Ons het ons heldin al in die radioteater, Soete Drome, ontmoet, en haar leer ken as die versorger, die maatskaplike werker wat lojaal haar gemeenskap dien. Maar daar is ‘n punt in enige een se lewe waar jy die mantel as ewige vriend van jou skouers wil aftrek, en jouself wil oopmaak as iemand se...
Published 11/14/24
Die drama speel af op ’n denkbeeldige gehuggie in ’n afgeleë woestynstreek van die land. Maria, ’n swanger tiener, word deur die gesagsfigure van die dorp – die dominee, die koster, die polisiesersant en die dokter – seksueel misbruik. Sy glo haar enigste hoop is om uit Putsonderwater te ontsnap, maar telkens word haar hoop verskuif na nuwe uiterstes wanneer die realiteit van haar omstandighede tot haar deurdring. Wanneer sy aan die einde van die drama ’n wiegeliedjie vir haar ongebore baba...
Published 11/07/24
Theunis Kriegler en sy dogter Willa woon op ‘n plaas, en boer met skape. Hulle leef afgesonderd, en kry nie dikwels besoekers nie. Daar daag een nag tydens ‘n storm ‘n vreemdeling op. Die vreemdeling, wat vir Theunis ontstellend bekend lyk, word ingenooi, met verreikende gevolge. Die akteurs is Tobie Cronjé, Juanita de Villiers en Donovan Pietersen. Ina Strydom is die regisseur.
Published 10/31/24
’n Verhouding word 'n troebel terrein wanneer ’n paartjie nie meer openlik met mekaar gesels nie. Ná baie jare saam voel haar lewensmaat skielik vir Mari soos ’n vreemdeling. Wat het geword van die partydier-Dirk, die prettige ou vir wie sy destyds geval het? Toegegee, hulle het albei sedertdien groot geword, middeljarig geword… Maar sy gedrag is die laaste tyd só eienaardig dat Mari vir sy sielkundige gesondheid begin vrees. Hy is so afsydig en sy weet nie eens meer aldag waar hy heen gaan...
Published 10/24/24
Christo Kirsten en sy vriend, Buks Botha, vier hulle 50ste verjaarsdag in die Kgalagadi met ‘n sewe-dag toer. Hulle jarelange vriendin, die ryk weduwee Delia Dirksen, rëel alles en word deel van die verjaarsdagvieringe. Buks en Amy Botha is onbewus van wat op hulle een donker nag in die Bosobogolo-kamp wag. Wat is gevaarliker in die afgeleë Kgalagadi? ‘n Jarelange wrok tussen vriende, of ‘n uitgehongerde luiperd? Die spelers is Francois Stemmet, Jacques Gombault, Lizz Meiring, Marina Coetzee...
Published 10/17/24
Toe Mira se man, David, dood is, onttrek sy haar. Sy hou op werk, vermy haar beste vriendin, Katrien, antwoord nie haar foon nie, en sy gaan nêrens heen nie. Katrien gee egter nie moed op nie. Sy ondersteun haar vriendin, en die twee deel herinneringe uit hulle verlede. Hulle dink onder andere terug aan 'n besoek aan Alicante, in Spanje, waar hulle vakansie gehou het, en waar Mira vir David ontmoet het. Dit was liefde met die eerste oogopslag. Mira en David het saam 'n tuinboubesigheid...
Published 10/10/24
Ons toneel speel af in die Johannesburg van die 1930's, rondom 'n tafeltjie in ’n kafee waar 'n joernalis en sy fotograaf-vriendin sit. Die joernalis het 'n ontmoeting met 'n bedelaar gehad, wat 'n groot indruk op hom gemaak het. Na aanleiding sy vertelling aan sy vriendin, ontgin die twee hoofkarakters gedagtes op die vraag of ons, as mense, uiteindelik tog maar ongelyk is, en slegs 'n broederskap handhaaf met die mense van dieselfde stand. Die spelers is Carel Nel, Cintaine Schutte, Richard...
Published 10/03/24
Oom Hansie is trots op sy kennis en ervaring as jagter, selfs al word hy deur die jonger geslag onderskat. Sy liefde vir die ou tradisies bots met die moderne wêreld rondom hom, en hy probeer sy plek daarin behou. Oom Hansie simboliseer die einde van 'n era, maar vasgevang in sy eie tradisie en trots. Die spelers is Cobus Venter, Christelle Webb-Joubert, Francois Stemmet, Rian Terblanche, Christopher van der Westhuizen en Hannes Brümmer. Juanita de Villiers is die regisseur. Vir die radio...
Published 10/03/24
Die Pauw-tweeling (Jacques Bessinger en DeKlerk Oelofse) erf ’n plaas. Die padstal-duo (Richard van der Westhuizen en Anrich Herbst) vorm ‘n teenpool van blootstellings met die tweeling wat nie weet waar die klok se klepel hang nie. Rolanda Marais is die prokureur van die stad, wat die plaas toeken aan die metro-tweeling. Miché van Wyk is die barmhartige samaritaan op die platteland, met ‘n ondeundheid in haar. Die regisseur is Johan Rademan.
Published 06/27/24
Op ‘n plattelandse dorp is daar ʼn diep geheim wat John Junior en Nessa gaan skok. Hulle ouers verkies om dit stil te hou, omdat dit regtig nie saak maak nie. John Junior, nes die res van die gemeenskap, is versot op vinnige motors. Junior kry ʼn geleentheid om by ‘n motorwerktuigkundige ‘n ambag te doen. By sy huis, sukkel hy om sy groot liefde uit die kloue van sy neef, ʼn groot bendeleier, te red. Wat dit moeilik maak, is dat sy ware liefde, Nessa, aan dwelms verslaaf raak, en hy alles in sy...
Published 06/20/24
Tannie Kleintjie du Preez, die matriarg van die plaas Galilea, kry ’n onverwagse oorvalling by die hoenderhokke. Sy is met die helm gebore, en jaag almal op die plaas op hol want vandag, glo tannie Kleintjie, is dit die wegraping. Selfs die diere op die plaas is onrustig en kan dit aanvoel. Maar hoe maak mens gereed vir die wegraping? Sal dit werklik gebeur? Wie is gereed daarvoor, en wie nie? En hoe sal die persoonlike onderstrominge op die plaas die gebeure na ’n spits dryf? Met Joanie...
Published 06/13/24
Die kompleksiteit van mense se verhale wat in 'n sielkundige se spreekkamer ontvou, is unieke verhale met 'n universele tema - om te behoort, om veilig te wil wees, om lief te hê, om seer te kry. Dit is amper 'n afloer-ervaring, 'n kans om mense se verhale te hoor wat gewoonlik agter toe deure plaasvind. En hopelik vind die luisteraar hoop en empatie agter daardie deure. Die spelers is Anton Schmidt, Deon Coetzee, Heidi Mollentze, Erin Patience en Rico Immelman. Almero Welgemoed het...
Published 06/06/24
Hamlet moet sy pa, Ou Hamlet, se dood wreek. Hy word besoek deur sy pa se gees wat deurentyd by hom spook om die opdrag uit te voer. Dit bring Hamlet in konflik met homself, en deur die verloop van die drama speel sy kontrasterende emosies teen mekaar af tot ‘n klimaks wat op die grootste tragedie uitloop. Sy verhouding met familie, naastes en vertrouelinge is deel van die reis waarop Hamlet moet gaan in ‘n poging om sy vader se dood te wreek. Die spelers is Chris van Niekerk, Annette...
Published 05/30/24
Leandri kom per trein aan op die klein dorpie Stilwater. Die plan is om vir ’n onbepaalde tyd in Soes se losieshuis te bly om rus te vind ná onlangse gebeure in die stad. ’n Moord in ’n woning naby die losieshuis is egter net die begin van ’n reeks ontstellende situasies. Spoke uit die verlede sal ook binnekort by Leandri kom aanklop – met mening… Die spelers is Nadia Valvekens, Rika Sennett, David Louw, Claudia Jones, Botha Enslin, Zane Meas en Elzabé Zietsman. Die regisseur is Christelle...
Published 05/23/24
Plaston (Grieks vir ‘hy wat gemaak is’) is ‘n 19-jarige, beeldskone jong man wat kunsmatig deur wetenskaplikes geskep is. Hy kom op die afgeleë dorpie, Aardendal, aan waar hy in die gemeenskap geïntegreer word, en terselfdertyd fyn dopgehou word. Hy ontmoet vir die eerste keer ander mense, soos die dorpsidioot, die mooi jong meisie, Kotie, en die predikant Genopen. Plaston is 'n wese in wie daar geen kwaad is nie, maar wat juis 'n diep begeerte het om mens te word, pyn en liefde te ervaar, en...
Published 05/16/24
JAKARTA MAMMA is ‘n hartroerende verhaal oor die krag van ‘n ma (in hierdie geval ‘n paar ma’s) se liefde. ʼn Swanger Suid-Afrikaner word in Indonesië gevang met ʼn tas vol dwelms, en tot tronkstraf gevonnis. Haar ma, familie en vriende probeer desperaat om ten minste haar baba terug te bring huis toe. Sal hulle dit regkry, en sal almal veilig tuis wees op Moedersdag? Die spelers is Joanie Combrink, June van Merch, Miché van Wyk en De Klerk Oelofse. Frieda van den Heever is die regisseur.
Published 05/09/24
In weerwil van die feit dat die bejaarde Rina in ‘n aftreeoord woon, wil sy steeds avonture aanpak en haar lewe geniet. Wanneer dit lyk of daar ‘n kans is dat sy, soos Shirley in die rolprent Shirley Valentine, op ‘n Griekse eiland kan gaan vakansie hou, is haar opgewondenheid groter as haar gesonde verstand. Onverwagse wendinge bring drama en konsternasie, met komiese gevolge. Die spelers is Susanne Beyers, Elsabe Daneel, Nic de Jager, Zenobia Kloppers, Dean Balie en Roeline Daneel. Die...
Published 05/02/24
Elke middag om klokslag half twee kom Belinda by die winkel in. Dan soek sy die tafel teen die muur, want sy wag vir haar man. En wanneer kom haar man? Hy kom nie... Dit is Nadia, die nuwe kelnerin by die koffiehuis op die dorp, beskore om die raaisel van Belinda se jarelange gewag op haar man op te los. Maar nie voordat haar eie geheim ook op die lappe kom nie... Die spelers is Anna-Mart van der Merwe, Elanza Swart, Ronel Geldenhuys, Stefan Vermaak, Chloe van Rooyen en Melt Sieberhagen. Die...
Published 04/25/24
Ou liefde roes nie, lui die spreekwoord. As dit jou het, het dit jou. Daar is nie wegkomkans nie. Die liefde is ‘n taaispul. Dirk kry op sy oudag spyt oor die skoolliefde wat hy 40 jaar gelede deur sy vingers laat glip het. Hy glo vas dat die glibberige Eben destyds vir Lea van hom afgerokkel het, en besluit dat dit nou die tyd is om haar terug te wen. Die eksentrieke Katrien, ‘n Help-‘n-senior-vrywillige, help hom – teen betaling natuurlik. Sal Lea haar man, Eben, los vir Dirk? Dirk glo die...
Published 04/18/24
Jaco en Phillip, ʼn getroude paartjie, kom voor ‘n uitdaging te staan wanneer een van die partye erken hulle voel nie meer dieselfde nie. Soos wat die middag verloop en die twee koppe stamp en mekaar konfronteer, leer ons die karakters beter ken. Altwee het geheime wat hullr ronddra en ontknoop. Die een se geheim het dalk goeie bedoelings, en die ander een s’n saai verwoesting. Die rolverdeling is is Philru van Achterberg, Botha Enslin, Christo Campion en Mandi Baard. VERRAAD het die tweede...
Published 04/11/24
‘n Mens moet nooit te maklik vertrou nie. As dit blyk te goed om waar te wees, is dit gewoonlik so. Sake neem ‘n dramatiese wending wanneer Alexander Brink gewond word, en in die hospitaal wakker word. Skielik staan die pragtige Hanri van Wyk staan langs sy bed. Sy beweer dat hulle verloof is. Dis maar net die begin van die oëverblindery... Met Karen Wessels, Charlie Bouguenon, Antowan Nothling, Shemane Harris, Solomon Cupido, Ria Smit en Eddie de Jager. Tweegesig is die wenner van die 2023...
Published 04/04/24
400 jaar van stilte word verbreek. Sal jy trek of sal jy agterbly? Is die opoffering die moeite werd? Hierdie ou verhaal speel af in die tyd van die Israelitiese slawerny in Egipte. Dit trek die baadjie aan van gewone mense wat voor moeilike besluite te staan kom. Menslikheid en geloof ontmoet mekaar in ‘n verhoogteks uit 1990, keurig verwerk vir die radio dur Nico Luwes. Die spelers is Duncan Johnson, Henriëtta (Gryfenberg) Plattner, Elzabé Zietsman, Claudia Jones, Kaz McFadden, Francois van...
Published 03/29/24
Ons vier Kersdag op ‘n plaas in Suid-Afrika. Ontmoet die Scheepers-familie waar hulle op hul plaas woon en werk. Een broer is pas klaar studeer, die ander reeds jare op die plaas. Die Scheepers-familie gaan Kersdag op die plaas vier en voorbereiding is in volle swang. En dis in hierdie tyd wat die baas van die plaas aandring oo ‘n familievergadering om die toekoms van die familieboerdery te bespreek.
Published 12/25/23
Adjudant-offisier Lokkie Homes en sy assistent, sersant Jamie Watson, ontvang ‘n oproep: ‘Julle moet dadelik kom. Ek dink iemand is vermoor!’ Soos hulle ondersoek vorder blyk dit dat die slagoffer se hele huishouding motief het om hom vankant te maak. Wie is die skuldige? Dit mag jou verras!
Published 12/21/23