Description
Die kompleksiteit van mense se verhale wat in 'n sielkundige se spreekkamer ontvou, is unieke verhale met 'n universele tema - om te behoort, om veilig te wil wees, om lief te hê, om seer te kry. Dit is amper 'n afloer-ervaring, 'n kans om mense se verhale te hoor wat gewoonlik agter toe deure plaasvind. En hopelik vind die luisteraar hoop en empatie agter daardie deure. Die spelers is Anton Schmidt, Deon Coetzee, Heidi Mollentze, Erin Patience en Rico Immelman. Almero Welgemoed het oorspronklike musiek vervaardig vir die opname. Die regisseur is Pietie Beyers.
As Lisa Bruwer by ‘n kamer instap, straal haar aura nie elektriese seksualiteit nie. Sy word gesien as ‘n moederfiguur, ‘n vriendin, die ouer sussie op wie se knoppie jy enige tyd kan druk. Ons het ons heldin al in die radioteater, Soete Drome, ontmoet, en haar leer ken as die versorger, die...
Published 11/14/24
Die drama speel af op ’n denkbeeldige gehuggie in ’n afgeleë woestynstreek van die land. Maria, ’n swanger tiener, word deur die gesagsfigure van die dorp – die dominee, die koster, die polisiesersant en die dokter – seksueel misbruik. Sy glo haar enigste hoop is om uit Putsonderwater te ontsnap,...
Published 11/07/24