Om te laat gaan
Listen now
Description
Leegmaak. Ons kry seer, omdat ons diep binne onsself weet wie ons is maar dit verloen. Rumi het geleef in die 13de eeu en hy het gese: You wander from room to room hunting for the diamond necklace that is already around your neck. Daar is geen maklike manier om te laat gaan nie. As dit was, het ons almal dit meer en makliker gedoen. Die groot issue is, dat daar soms oor ‘n miljoen dinge is wat mens wil laat gaan. Om nie van al die redes te praat nie. Dis hoekom ons met vakansie gaan: dis daardie behoefte om weg te breek. Hierdie kort meditasie gaan jou help om te laat gaan, te release. Jy kan dit daagliks doen, en elke keer ‘n ander kwessie/issue identifiseer wat jy wil laat gaan. Wanneer ons fokus op die verlede en wie ons was en verkeerde keuses uit die verlede, verloor ons tred met ons outentieke self in die huidige moment. Die proses van laat gaan, help jou om die verlede te los waar dit hoort en voluit deel te wees van genesing.
More Episodes
Published 07/02/24
Ons is bevoorreg om in hierdie tye te weet dat, as ons gedagtes gefokus is, ons beter werk en presteer. Die wete dat elkeen van ons ‘n doel het in die lewe, geld as inspirasie om daagliks die beste na te streef. Hierdie meditasie is uiters eenvoudig, maar leer dit aan en doen dit gereeld wanneer...
Published 07/02/24
Die meeste mense werk en woeker in die lewe. Nie om dowe neute nie, maar om iets te bereik. Meestal sukses. En die redes daarvoor is legio, maar hoofsaaklik wil mens ‘n verskil maak. Tydens hierdie meditasie kan jy jou talente, sterkpunte en vaardighede herontdek, want dit alles is alreeds diep...
Published 07/02/24