Episodes
Published 07/02/24
Ons is bevoorreg om in hierdie tye te weet dat, as ons gedagtes gefokus is, ons beter werk en presteer. Die wete dat elkeen van ons ‘n doel het in die lewe, geld as inspirasie om daagliks die beste na te streef. Hierdie meditasie is uiters eenvoudig, maar leer dit aan en doen dit gereeld wanneer jy voel jou aandag dwaal, terwyl jy studeer of werk.
Published 07/02/24
Die meeste mense werk en woeker in die lewe. Nie om dowe neute nie, maar om iets te bereik. Meestal sukses. En die redes daarvoor is legio, maar hoofsaaklik wil mens ‘n verskil maak. Tydens hierdie meditasie kan jy jou talente, sterkpunte en vaardighede herontdek, want dit alles is alreeds diep binne jou.
Published 07/02/24
Wat is oorvloed? DIT IS WANNEER JY GENOEG HET. Absoluut geen gebrek. Genoeg om te kan uitdeel sonder om te dink dit sal opraak. Oorvloed kan baie vorme aanneem, byvoorbeeld in lewensmiddele soos geld of goed, kos in jou koskas, maar ook deur ‘n verrykte gees, waarmee jy liefde, geduld of die lig binne jou, kan uitdeel. Dink aan momente waarin jy sê “My hart loop oor”… Kom ons mediteer nou, om oorvloed, abundance lewendig te maak in ons lewens.
Published 07/02/24
Selfliefde word dikwels verwar met ‘n ongesonde liefde vir jouself, soos selfsug, hebsug, ydelheid, verwaandheid, egotisme of narcissime. Gesonde selfliefde is baie nodig vir ons bestaan, voortbestaan, gesonde konflikhantering, ens. Dis ‘n basiese menslike noodsaaklikheid om na jouself om te sien, jouself te respekteer, jou naaste lief te he soos jouself, soos ons in die Bybel lees. Gesonde selfliefde kring uit en wanneer jy dit leef, beoefen, is jy ‘n inspirasie vir almal om jou. Voordat...
Published 07/02/24
Leegmaak. Ons kry seer, omdat ons diep binne onsself weet wie ons is maar dit verloen. Rumi het geleef in die 13de eeu en hy het gese: You wander from room to room hunting for the diamond necklace that is already around your neck. Daar is geen maklike manier om te laat gaan nie. As dit was, het ons almal dit meer en makliker gedoen. Die groot issue is, dat daar soms oor ‘n miljoen dinge is wat mens wil laat gaan. Om nie van al die redes te praat nie. Dis hoekom ons met vakansie gaan: dis...
Published 07/02/24
JOU EIE PAASNAWEEK-RETREAT Vier saam met Afrikaans.Radio en Siel ‘n naweek wat jou weer lewendig laat voel, waarin ons vrede en gelykmatigheid nastreef in meditasies en vooraf-inleidings. Of jy nou al lankal mediteer of hierdie naweek vir die eerste keer probeer, welkom! Ons nooi jou om die huidige oomblik te vier en die kalmte binne jou te ontdek. Om meer sin te gee aan jou meditasies, is dit slim om ‘n meditasiejoernaal aan te skaf. Hou dit by jou, saam met ‘n pen of ‘n stel...
Published 03/31/24

Published 03/30/24

Published 03/29/24
Waarom sal mens ‘n woud-meditasie doen? Die natuur het ‘n kalmerende ivloed op jou en hierdie meditasie help om spanning te verlaag. Soos wanneer jy diep in ‘n woud gaan sit en na geluide van voëls en die ritsel van blare tussen die bome luister… Jy voel beskermd. Ons raak ook ontslae van spanning in die lyf, deur ‘n ‘body scan’, wanneer jy bewus raak van elke deel van jou ligaam en algaande ontspan.
Published 08/27/23
As jy jou aandag fokus, letterlik vernou, vernuwe dit jou denke, dit is aandagsvernuwing. Jy kyk letterlik met nuwe oë na die lewe. Onthou jy, toe ons kindertjies was, het ons op die grond gelê en na die wolke gekyk soos dit beweeg. Na so ‘n sessie voel mens sommer LEWENDIG. Daardie paar minute, waarin ons net fokus op een objek of gebeurtenis, sonder om verder te dink of dit te prober identifiseer, of daaroor mymer, restoureer ons breingolwe en vernuwe ons denke.
Published 08/13/23
Hierdie is ‘n meditasie om jou hande te waardeer en te eer. Ons gaan dieper kyk na alles wat jou hande vir jou beteken, al aangeraak en vermag het. As mense neem ons, ons hande as vanselfsprekend maar jou hande maak kennis en ontdek die wêreld. Jou hande net soos jy is uniek, en dit wat hulle al ervaar of vermag moet ons waardeer en eer.
Published 05/28/23
Neem ‘n blaaskans. Hierdie is ‘n baie kort meditasie waarin jy letterlik gelei word om ‘n blaaskans te neem, in jou asemhaling, jou gedagtes, jou wese. Wanneer stilword en pouses tussen dagtake ‘n gewoonte word, word ‘n mens kalm, begin jy die lewe in perspektief ervaar en gee jy jouself geleentheid om meer in die oomblik, met fokus, te leef.
Published 05/08/23
Hierdie is ‘n meditasie om die pad te stap terug na jou outentieke self. Ons gaan dieper kyk na sensasies en behoeftes in jou hart, kyk of ons jou hartsbegeertes kan ontdek. As mense is ons mees kragtige emosie, liefde. Alle ander emosies soos geluk, hartseer, jaloesie is net komponente van liefde, verdraaiings van liefde. So enige pyn wat jy voel, is komponente, vertakkings van liefde. Pyn en verlies, en hoe ons dit hanteer, kan deur gereelde meditasie draaglik gemaak word. As jy minder...
Published 05/08/23
Hierdie meditasie gaan jou help om ‘n lewe van OORWINNING te leef, jou help om die lig wat binne jou is, helder te laat skyn. Ons gaan daaraan werk om hart, siel en verstand te verbind, met kragtige "Ek is" – bevestigings.
Published 05/04/23