Episodes
President Cyril Ramaphosa verwys die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg na die Konstitusionele Hof. Die tussenverkiesing van die Thabazimbi-munisipaliteit sal op 4 Desember plaasvind. Zimbabwe gaan boere vergoed, wat hulle plase in grondgrype verloor het.
Published 10/17/24
Die voormalige Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane, bedank uit die EFF en die parlement. Nog 'n voorval van voedselvergifting onder kinders. Gauteng se departement van gesondheid vergader met die kinders se families. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens sê miljarde rand word deur middel van die tweepot-pensioenstelsel onttrek. Die jongste oor die Minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, se duur oorsese reis. Verbruikers se finansies bly onder druk weens die hoogste rentekoers in...
Published 10/16/24
Sakevertroue is stadig besig om te verbeter. SANPARKE werp lig op twee brande wat in die Krugerwildtuin uitgebreek het. Ons vind meer uit oor die private ekwiteitstransaksie van R1,3-miljard tussen SA Rugby en die Ackerley Sports Group, wat op die punt is om te misluk.
Published 10/15/24
Die SAKP sê hy is nie beskikbaar om die Regering van Nasionale Eenheid se 100 dae-bestaan te vier nie. Gauteng se waterprobleme bereik ’n krisispunt. Wes-Kaapse munisipaliteite begin om honde-eenhede te open as deel van DBV-takke in die provinsie, om misdaad te bekamp. Ons vind meer uit van die klagtes oor Suid-Afrikaanse soldate in die DRK.
Published 10/14/24
Die DA gee sy blik op die eerste honderd dae van die regering van nasionale eenheid. Daar is 'n nuwe tendens van eggenote of gewese mans wat hulle vroue verbrand en 'n bloedige warm naweek lê vir Suid-Afrikaners voor.
Published 10/11/24
Tswane se nuwe burgemeester sê sy is gereed om wanbetalers in die metro vas te vat. Kollegas bring hulde aan oud-regter, Willem Heath wat gister in die ouderdom van 79 dood is en ons praat met Suid-Afrikaners in Amerika oor Orkaan Milton wat reeds groot verwoesting saai.
Published 10/10/24
Kerklui en vriende bring hulde aan die ontslape stigter van die Rhema-kerk, pastoor Ray McCauley, wat in Johannesburg gesterf het. Die Tshwane Metro kry vandag 'n nuwe burgemeester. Reaksie op die regering se jongste sperdatum om van puttoilette by skole ontslae te raak. Stemlokale open vir Mosambiekers in Suid-Afrika.
Published 10/09/24
In lig van die SAUK se geldprobleme, stem Sentech in om vir minstens twee maande nié die sein van die uitsaaier te sny nie. Hernieude druk dat spaza-winkels gereguleer moet word ná die dood van vyf kinders in Soweto die afgelope naweek. Mosambiek is in die pylvak van voorbereidings vir sy nasionale verkiesing. Ons praat met ontleders oor die bedanking van dr. John Hlope as lid van die Regterlike Dienskommissie.
Published 10/08/24
Israel herdenk Hamas se aanval op dié land, 'n jaar gelede. Die Regterlike Dienskommissie begin om onderhoude te voer om vakante poste in die howe te vul. Vakbonde betoog landwyd oor die hoë werkloosheidsyfer.
Published 10/07/24
Praktiese wenke om voor te berei vir klimaatsveranderingrampe. Ons vind meer uit wat koolstofekwestrasie vir die landbousektor beteken. Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad het sy volle ondersteuning gegee aan die sekretaris-generaal nadat Israel hom persona non grata verklaar het.
Published 10/04/24
Afriforum vra verskeie politieke partye om hulle van die Regering van Nasionale Eenheid te onttrek, sou sekere klousules in die BELA-wet onveranderd bly. PRASA het nuwe treine aan die loop in Durban ná COVID-vandalisme. Nelson Mandela se voormalige persoonlike assistent, Zelda Le Grange, vertel van haar boek, What Nelson Mandela Taught Me.
Published 10/03/24
Die polisie neem een persoon in vir ondervraging in verband met die massamoord in Lusikisiki. Die Verenigde Nasies se Veiligheidsraad hou 'n noodvergadering oor die toenemende spanning in die Midde-Ooste. Dit is al 'n maand sedert die intstelling van die tweepotstelsel - ons praat met 'n kenner oor al die positiewe en negatiewe verwikkelinge.
Published 10/02/24
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie eis 'n verduideliking van die MK-party oor bewerings van verkiesingsknoeiery. Dit is mobiliteitsmaand, en die Wes-Kaapse minister vir vervoer sluit by ons aan. Ons neem polisieverantwoordbaarheid onder die loep.
Published 10/01/24
Die minister van polisie, Senzo Mchunu onderneem om die polisiemag in die Oos-Kaap te versterk ná Vrydag se massaskietery in Lusikisiki. Israel loods ingrypende aanvalle op Libanon en Jemen - ons vra wat is volgende? Kommoditeite soos gou,d vaar bo gemiddeld goed - ons steek kers op by 'n ekonoom.
Published 09/30/24
Die Hooggeregshof verhoed John Hlophe om tydelik aan prosesse van die Regterlike Dienskommissie deel te neem. Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing sê die voorkoms van MIV is die laagste in die Wes-Kaap. Amerika en Frankyk vra dat 'n 21 dae lange skietstaking op die grens van Libanon en Israel ingestel word.
Published 09/27/24
Tshwane se stadsraad stem oor 'n mosie van wantroue in burgemeester Cilliers Brink. SanParke se Visie 2040 bepaal dat 30% van Suid Afrika se grond teen 2030 onder beskerming van Sanparke moet wees. Sterrekundiges in Italië ontdek 'n geheimsinnige ring van lig in die ruimte met die hulp van Suid-Afrika se MeerKAT-radioteleskoop.
Published 09/26/24
Die minister van basiese onderwys, Siviwe Gwarube, bring die land op hoogte van nasionale onderwys-begrotingsbesnoeiings. Alle aanduidings is dat die mosie van wantroue teen die burgemeester van die Tshwane-metro, Cilliers Brink, môre voortgaan. Kommer dat moedertale in Suid-Afrika afgewater word, en moontlik heeltemal kan verdwyn. 'n Span sterrekundiges van die Catania-sterrewag in Italië ontdek 'n geheimsinnige ring van lig met behulp van Suid-Afrika se MeerKAT-radioteleskoop. 'n Nuwe...
Published 09/25/24
President Cyril Ramaphosa het die tonge los ná sy ontmoeting met die Suid-Afrikaans-gebore miljardêr, Elon Musk, in New York. Ons praat met 'n ekonoom oor die Regering van Nasionale Eenheid se eerste 100 dae aan bewind. Mej. Suid-Afrika, Mia Le Roux, kry 'n warm verwelkoming in haar tuisdorp, Oudtshoorn in die Klein-Karoo.
Published 09/24/24
Ons neem die Regering van Nasionale Eenheid se eerste 100 dae in oënskou. Die regering sê uiterste weerstoestande het hulpverlening op die N3 in KwaZulu-Natal bemoeilik. Sterrekundiges in Italië ontdek 'n geheimsinnige ring van lig in die ruimte, danksy Suid-Afrika se MeerKat-radioteleskoop.
Published 09/23/24
'n Sleutelfiguur in die Eskom-korrupsiesaga by die Kusile-kragstasie, Michael Lomas, word uit Londen na Suid-Afrika uitgelewer. Die Tshwane-metro is op 'n mespunt met intense onderhandelinge oor 'n nuwe koalisie om die stad te regeer. Pretoria maak hom gereed vir 'n skouspel in die lug.
Published 09/20/24
Oud-minister Pravin Gordhan word in Durban ter ruste gelê. Parlementslede eis 'n hersiening van die aanstelling van generaal-majoor Patrick Mobotho as afdelingshoof vir prioriteitsmisdrywe by die Valke. Israel het oornag verskeie teikens van die gewapende groep, Hezbollah, in die suide van Libanon in lugaanvalle getref.
Published 09/19/24
Die DA betoog teen 'n moontlike kragtariefverhoging van 36%. Daar is kommer oor die Koeberg-kernkragstasie se veiligheid nadat Eenheid 1 noodgedwonge afgeskakel moes word. Verbruikersprysinflasie sak terug tot sy laagste vlak in drie jaar.
Published 09/18/24
Motoriste kan nóg 'n daling in die brandstofprys verwag. 'n Studie wys onderwysers ervaar geweldige angs en stres. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens vermeerder invoerbelasting vir oorsese aanlynwinkeliers.
Published 09/17/24
Die onderwysersvakbond, SADOU, eis die Minister van Basiese Onderwys se kop. Die regering wil seismiese opnames vir gas en petroleum in die Karoo doen. Die minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Ronald Lamola, sê verskille oor geopolitieke kwessies tussen Suid-Afrika en die VSA moet met werdersydse respek opgelos word.
Published 09/16/24
President Ramaphosa gaan nie nou al die omstrede artikels oor taal en toelating van die Bela-wet in werking stel nie. Die Minister van Basiese Onderwys, Siviwe Gwaruba, boikot die ondertekening van die BELA-wet. Huldeblyke stroom in nadat die voormalige minister van drie portefeuljes, Pravin Gordhan, vanoggend vroeg oorlede is. Amerika gee sy steun aan die voorstel van twee nuwe permanente lede in die Verenigde Nasiese se Veiligheidsraad. Sepsis word as 'n stille sluipmoordenaar beskou, wat...
Published 09/13/24