Episodes
Maroela Media het ʼn insetsel saamgestel met ʼn paar huldeblyke van mense wie se lewens hy aangeraak het.
Published 11/02/24
Prof. Hans du Plessis se verwerking van 1 Korinthiërs 13. Voorgelees deur Johny Klein.
Published 10/27/24
“Daar is ʼn lewe ná mishandeling, egskeiding en eensaamheid. Jou lewe kan verander, solank jy net onwrikbaar vashou aan God se redding.”
Published 10/18/24
“Min mense het geweet hoe fel die Bosoorlog in die noorde van die destydse Suidwes-Afrika en die suide van Angola regtig was.”
Published 10/12/24
Die bekende aanbieder se outobiografie vertel die verhaal van sy onstuimige grootwordjare op die Kaapse Vlakte en hoe hy bo sy omstandighede uitgestyg het.
Published 09/23/24
Min dinge kom by Afrikaanssprekendes se byna natuurlike manier om die humor in situasies raak te sien en met oorgawe te lag.
Published 09/18/24
“Mense moenie dink hulle moet komitees stig en derduisende rande uitgee om deel te neem en Afrikaans se eeufeeswording te vier nie.”
Published 09/13/24
Jou bene onder die arms neem, soos ʼn sleg gestopte kafsak lyk, om ronde beentjies te hê … Kom luister wat Leon en Amanda de Stadler oor humor in idiomatiese Afrikaans sê.
Published 09/11/24
“Omdat Afrikaans en Engels so naby aan mekaar in Suid-Afrika leef as omgangstaal of spreektale, is dit tog logies dat ons woorde en begrippe by mekaar sal gaps en gebruik.”
Published 09/03/24
“Die leeueaandeel neem”, “die sieke dra die gesonde”, “Sisufuos-arbeid verrig” – Leon en Amanda de Stadler gesels oor Afrikaanse sêgoed wat aan fabels ontleen is.
Published 08/13/24
Baantjies vir boeties, witvoetjie soek, vol krupsies wees en ʼn bohaai opskop … Kom luister wat Leon en Amanda de Stadler oor spreekwoorde wat deur Nederlands geïnspireer is.
Published 08/06/24
Al ooit die uitdrukking “jou Saterdag is langer as jou Sondag” gehoor? Luister saam na stories oor ʼn paar Afrikaanse uitdrukkings met interessante herkomste.
Published 07/30/24
“Mense hou in die algemeen nie van verandering nie, en jy moet so iets gewoonlik baie fyn bestuur.”
Published 07/20/24
Ons almal kan die volksliedjie “Vat jou goed en trek!”, maar waar kom dit vandaan en wie is die Ferreira van wie daar gesing word?
Published 07/16/24
“Dit is belangriker vir jou om hier ʼn verskil te maak.”
Published 07/11/24
As my skip gekom het, jou anker êrens laat val, iemand die loef afsteek ... Kom luister wat Leon en Amanda de Stadler oor spreekwoorde uit die skeepvaart sê.
Published 07/10/24
“In ons geskiedenis is daar min dinge wat so ʼn groot rol speel soos die trekkerslewe en die plaas.”
Published 07/01/24
Troeteldiere soos katte en honde verryk nie net mense se lewens nie, maar ook die Afrikaanse taal.
Published 06/25/24
Al ooit die uitdrukkings “koffie deur die vlak jaag“ en “die brood dik smeer” gehoor? Luister saam na Leon en Amanda de Stadler se gesprek oor uitdrukkings, idiome en spreekwoorde uit die alledaagse lewe.
Published 06/18/24
Iemand nie van Adam se kant af ken nie, Adam en Eva se skoene aantrek, ʼn Simsonsversugting slaak … Kom luister wat Leon en Amanda de Stadler oor spreekwoorde uit die geloofslewe sê.
Published 06/13/24
“Jy moet regtig van die eerste oomblik af kinders se aandag trek.”
Published 06/12/24
“ʼn Mens leer nog al die tyd. Vyftig boeke ofte not.”
Published 05/27/24
“Daar is twee goed wat my altyd met so tikkie heimwee na die huis laat verlang, en dit is pannekoek en skaapboud.”
Published 05/18/24