Description
Tussen die reënstorms hierdie week dink mens aan storms in ons eie gemoed, soos wanneer Jesus jou op die naam noem (Joh 20:16).
Jesus openbaar Hom aan Maria Magdalena na sy opstanding, en dit is meer as net 'n "Hallo, hoe gaan dit?"
Sondag bespreek ons wat werklik in die tuin gebeur: Hoekom draai Maria twee keer om? Hoekom noem Jesus haar Mariam en nie Maria nie? Hoekom noem sy Jesus Rabboeni en nie Rabbi nie?
En hoe raak hierdie ontmoeting ons?