Episodes
"Hoe maak jy 'n preek?" Deur 'n siel wat smag na God, die Gees se vonkies ontvang, en Jesus gestalte kry – dan kan jy nie anders as om te deel nie.
Published 11/18/24
Het jy sulke vriende? Vir wie is jy so 'n vriend wat ander na Jesus lei, ongeag die opoffering? (Mark 4:1-12)
Published 11/11/24
Kyk ons verstommende Koning! (Ps 145)
Published 11/04/24
God is oneindig lief vir ons en sorg vir ons, reg? Hoekom is dit dan so moeilik om dit waarvoor ons lief is, aan Hom oor te gee? Jogebed plaas haar baba in 'n mandjie in die Nyl. Wat dink sy? Miriam hou van 'n afstand af dop...Wat moet jy in 'n mandjie plaas en aan die Here oorlaat?
Published 10/14/24
Die vrees van Jahwe (Ps 111:10, Jak 3:13-18) Wat beteken "die vrees van die HERE"? 'n Bron vir 'n lewenstyl wat die helderste helder van God laat skitter.
Published 10/07/24
Erediens 2024-09-29 | Sterf en opstaan in Christus
Published 09/29/24
Weg met Christus-PLUS, ek wil Christus ALLEEN ken. (Fil 3) Paulus waarsku teen mense wat Christus-PLUS verkondig en sê: "Ek wil Christus ken, sy opstandingskrag ervaar en deel wees van sy lyding, met die hoop op die opstanding" (vv 10-11).
Published 09/23/24
Die werk om te bid (1 Kon 18:41-42) Elia se gebed toon die krag van gebed (Jak 5:16b-18). Hy bid volgens God se wil, en God vervul die profesie deur hom. Hoe bid ons?
Published 09/15/24
Jesus - Eerste en Laaste (Open 1:17) Johannes het soos 'n dooie neergeval toe hy Jesus sien. Hoe kan ons Sondag hierdie teks oopmaak om Jesus eerstehands te sien? Hoe kan ons voorbereid wees?
Published 09/09/24
Jesus se volheid wat ons vervul (Kol 2:6-10). Kom ons maak 'n lys van wat gebeur wanneer Jesus soos lente in ons lewens uitbreek.
Published 09/01/24
Jesus soos brood(Joh 6:1-15, 22-59, 60-71) Lees hierdie verse. Vra vir jouself: 𝘏𝘰𝘦 "𝘦𝘦𝘵" 𝘦𝘬 𝘑𝘦𝘴𝘶𝘴 𝘴𝘰𝘰𝘴 𝘦𝘬 𝘦𝘭𝘬𝘦 𝘥𝘢𝘨 𝘣𝘳𝘰𝘰𝘥 𝘦𝘦𝘵?
Published 08/26/24
Jesus, U liefde oorweldig my. (Kol 2:5-11)
Published 08/23/24
Jesus, U slaan my asem weg (Kol 1:15-20)
Published 08/12/24
Jesus beliggaam wie God is. Om 'n voetspoor in die wêreld te laat, moet ons Hom beliggaam. (Ps 96)In 'n sekulêre wêreld, hoe laat ons as Christene ons merk? Morele waardes, liefde, of iets dieper?
Published 08/05/24
"...elkeen... ...almal... vervul met die Heilige Gees..." (Hand 2:3-4) Soos gras nat word na reën en jou voete natmaak as jy kaalvoet loop, so is elkeen van ons vervul met die Heilige Gees. Enigiemand wat in kontak kom met ons lewens, word deur hierdie lewende water aangeraak.
Published 07/31/24
Oorweldig, Moedeloos of Sinloos?Waar is die vuurvliegies in hierdie donker woud?(Ps 88:10)
Published 07/23/24
Tussen die reënstorms hierdie week dink mens aan storms in ons eie gemoed, soos wanneer Jesus jou op die naam noem (Joh 20:16). Jesus openbaar Hom aan Maria Magdalena na sy opstanding, en dit is meer as net 'n "Hallo, hoe gaan dit?" Sondag bespreek ons wat werklik in die tuin gebeur: Hoekom draai Maria twee keer om? Hoekom noem Jesus haar Mariam en nie Maria nie? Hoekom noem sy Jesus Rabboeni en nie Rabbi nie? En hoe raak hierdie ontmoeting ons?
Published 07/15/24
Gee jou oor aan die Gees. Hy gee jou praat met God en hoor wat Hy sê vlerke. (1 Thes 5:16-20)
Published 07/08/24
Matt: 5:9 1 Kor 14:33
Published 07/01/24
(Dan 1)Hoe floreer Christene in 'n gesekulariseerde samelewing? Of anders gevra, hoe bly ons nie net aan Jesus getrou nie, maar getuig ons oor wie Hy is in 'n samelewing wat anti-geloof draai?
Published 06/23/24
Wie het julle getoor dat julle dink meerwaardige dinge gebeur in julle eie krag en nie deur die gees nie. Gal 3:1-14
Published 06/17/24
Wat die Gees in HUISE gedoen hetNa die uitstorting van die Heilige Gees het die gelowiges "almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys" (Hand 2:46).
Published 06/09/24
Hoe ⓟⓛⓔⓚⓚⓔ wat ons skep om God te ontmoet, ons vorm. (So, hoekom lyk jou geloof soos dit lyk?) Na die uitstorting van die Heilige Gees het die gelowiges "almal elke dag getrou by die tempel bymekaargekom, van huis tot huis die gemeenskaplike maaltyd gehou, hulle kos met blydskap en in alle eenvoud geëet, en God geprys" (Hand 2:46).
Published 06/02/24
🙌😇🙏✝️🔥❤️‍🔥 Nag maal Here se maaltyd Tema Die Heilige Gees - langs, met, in ons. En d̷e̷u̷r̷ ̷o̷n̷s̷ (Joh 14:14-15) Jesus is ons Helper (Parakleet) by die Vader; die Gees is die Vader se Helper by ons. Kyk die nuwe lewe wat die Gees in ons wek!
Published 05/27/24