Episodes
Published 12/18/23
Episode 17 ondersoek die saak van Colin Bouwer sr. wat sy vrou in Nieu-Seeland vermoor het. Dié episode vertel die storie van Colin Bouwer jr. wat in Suid-Afrika aangekla is van die moord op sy vrou.
Published 12/18/23
Op 25 was Leighandre "Baby Lee" Jegels 'n karate- en bokskampioen. Sy het ook in haar studies uitgeblink. Die donkerkopvrou het die wêreld aan haar voete gehad, tot haar lewe skielik kortgeknip is deur haar eks-kêrel – ’n polisieman.
Published 12/11/23
Selfs in die warboel van tiener-emosies, liefdesdriehoeke en gerugte van verwaarlosing in haar ouerhuis, is dit moeilik om te glo dat Phoenix Theron die gevolgtrekking kon maak dat moord op haar ma die enigste uitweg is.
Published 12/04/23
Toe die 3-jarige Poppie van der Merwe ná maande se marteling en mishandeling deur haar stiefpa doodgeskop is, was die vraag op almal se lippe: Hoekom het haar ma haar nie beskerm nie?
Published 11/24/23
Het Dave Schwarz se traumatiese grootwordjare daartoe bygedra om hom in Oktober 1997 oor die rand te dryf toe hy vir Sonia, sy vrou en die ma van sy twee kinders, doodgemaak het?
Published 11/20/23
In Junie 2020 is ’n soektog van stapel gestuur na Debbie Venter nadat sy vermis geraak het. ’n Maand later word haar halfsuster en swaer vir haar moord in hegtenis geneem.
Published 11/09/23
Hulle sê bloed is dikker as water, maar toe Amanda du Toit se jaloesie en wrywing teenoor haar uitblinker-sibbe begin oorkook, neem sy ’n drastiese stap wat haar eie lewe onherroeplik verander en haar suster se lewe in ’n oogwink kortknip.
Published 11/06/23
Daar was gerugte van buite-egtelike verhoudings, mishandeling en wilde partytjies. Maar ná Suretha Brits bieg dat sy agter die huurmoord op haar man, Leon, sit, word die tragedie by die dag meer ingewikkeld.
Published 10/26/23
Colin Bouwer se loopbaan as psigiater was op dreef ná hy Nieu-Seeland toe verhuis het. Sy vrou, Anette, sterf in 2000. Maar kort voor haar doodsertifikaat uitgereik word, kry ’n internis snuf in die neus . . .
Published 10/19/23
Die een was ’n gevierde jong akteur, die ander ’n belowende jong ontwerper. Ons herbesoek die dubbele moord van twee vriende, Brett Goldin en Richard Bloom.
Published 10/16/23
Nadat een ma se seun dood is, het ’n ander ma se seun sy longe ontvang. Nou deel die twee ma’s hul lief en leed as hegte vriendinne.
Published 10/06/23
Toe Jannie Beukes en sy vrou, Helga, se huwelik op die rotste loop, het Jannie een Saterdagmiddag besluit dat daar vir hom en sy kinders net een uitweg is. In dié episode ondersoek ons die moontlike redes en motiewe wat iemand na die ondankbare kan dryf.
Published 10/01/23
Vroeg in 2021 het ekstremiste op Palma toegeslaan en die lewens van verskeie Suid-Afrikaners is in ‘n oogwink handomkeer verander.
Published 09/21/23
Op 12 September 1989 is die apartheidsaktivis en menseregte-advokaat Anton Lubowski in ’n sluipmoordaanval dood. Meer as 30 jaar later is die familie se vrae nog onbeantwoord.
Published 09/18/23
Een aand in Januarie 2003 het twee mans by ’n masseersalon in Seepunt, Kaapstad, ingestorm en nege mans koelbloedig vermoor. Ons herbesoek een van die grusaamste misdade in Suid-Afrika.
Published 09/11/23
Drie kollegas van ’n bekende eiendomsmaatskappy in Pretoria se lyke is een Apriloggend in 2021 in ’n luukse huis in Menlopark aangetref. Die raaiselagtige omstandighede het mense laat gons oor die oorsaak van hul dood.
Published 09/04/23
Jaco Steyn het tussen 2008 en 2011 ’n skrikbewind in Gauteng en Noordwes gevoer deur meisies te ontvoer en te verkrag.
Published 08/28/23
Die inferno wat in 2017 wyd verwoesting in en rondom Knysna gesaai het, word as een van die grootste veldbrandrampe in Suid-Afrika se geskiedenis beskryf.
Published 08/21/23
Die beweerde mislukte kaping wat die lewe van die pragtige bruid in Suid-Afrika geëis het, het skokgolwe wêreldwyd laat eggo. Vingers het na haar Britse bruidegom gewys as die meesterbrein agter die moord, maar dit is nooit bewys nie. Wie sou so iets aan die pragtige Anni Dewani wou doen?
Published 08/14/23
Ná 'n onderonsie by hul huis in Benoni skiet Retief Liebenberg uit selfverdediging sy dogter se kêrel en dié se pa dood.
Published 08/07/23
Sy was die ouer vrou met ’n obsessie – toe probeer sy die jong rugbyspeler uit die weg ruim.
Published 07/31/23
Op 25 Januarie 1981 het vloedwater feitlik die hele Laingsburg in puin gelê.
Published 07/24/23
Flippie Venter het die ondenkbare gedoen: hy het sy twee jong kinders met 'n R4-aanvalsgeweer afgemaai.
Published 07/17/23
Duisende het gesterf en derduisende lewens is ingrypend verander toe 'n tsoenami op 26 Desember 2004 Thailand getref het.
Published 07/10/23