Episode 8: Daar onder lê vier pikkewyne – ’n gesprek oor vulvas
Listen now
Description
In episode 8 van Mannetjiesvrou kyk ons na die klitoriskappie, die skaamheuwel, die labia majora en minora en al die ander aspekte van ons oogappel, die vulva. Ons praat sonder doekies omdraai oor menstruasie, afskeidings en die skaamte wat baie mense het oor hulle skaamdele. Voor julle nou alles wat ons sê vir soetkoek opeet (want ons is allermins medici), gaan loer ook asseblief hier: Meer oor die bou van die vulva en vagina: https://www.lunette.com/pages/anatomy-101 The Vulva Gallery: https://www.thevulvagallery.com/ Die interne bou van die klitoris: https://www.theguardian.com/commentisfree/2016/sep/15/3d-model-clitoris-sexual-revolution-sex-education-womens-sexuality  Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”
More Episodes
Ná maande se stilte herrys Mannetjiesvrou soos Letserus. Luisteraars, ons is terug en ons duik sommer op die daad diep met ’n gesprek oor homofobie. Hoe kan die lesbiër haar staal vir homofobie, hetsy dit mikroaggressies is, of ernstiger homofobiese gedrag? Mannetjiesvrou – leer jou...
Published 06/17/22
Published 06/17/22
Episode 9 bring jou op die hoogte van die mannetjiesvroue in die voorkamer se persoonlike sake. Ons is opgewonde om vir jou insiggewende en vermaaklike inhoud te bring in 2022 – e-pos gerus enige voorstelle vir episodes na [email protected]. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott...
Published 01/14/22