Episode 3: Die padda wou gaan opsit
Listen now
Description
Die vlerksleepgewoontes van die lesbiër is die fokus in episode 3 van Mannetjiesvrou. Hoe maak die moderne lesbiër in die huidige historiese oomblik die hof en hoe het sy dit voorheen gedoen? In “Haar Hande Staan vir Niks Verkeerd Nie” praat ons oor die kameraadskap wat troeteldiere kan bied in dié tyd van isolasie. Kyk gerus na hierdie skakels indien jy dit oorweeg om ’n troeteldier aan te neem, of as jy dalk ’n geldjie wil skenk aan hierdie organisasies, wat altyd op die publiek se ondersteuning aangewese is – ook nou. Wollies Animal Shelter Wetnose Animal Rescue Shelter The National SPCA TEARS Animal Rescue New Beginnings BONUS: Luister ook in hierdie episode na die eerste voorlesing van “Agter die Wolgordyn” deur Fredricka S. Wasservrou. Ons maak kennis met Wolmien, boerin van die Woldriehoek se wêreld. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”, Lobo Loco – “Brain Instrumental”.
More Episodes
Ná maande se stilte herrys Mannetjiesvrou soos Letserus. Luisteraars, ons is terug en ons duik sommer op die daad diep met ’n gesprek oor homofobie. Hoe kan die lesbiër haar staal vir homofobie, hetsy dit mikroaggressies is, of ernstiger homofobiese gedrag? Mannetjiesvrou – leer jou...
Published 06/17/22
Published 06/17/22
Episode 9 bring jou op die hoogte van die mannetjiesvroue in die voorkamer se persoonlike sake. Ons is opgewonde om vir jou insiggewende en vermaaklike inhoud te bring in 2022 – e-pos gerus enige voorstelle vir episodes na [email protected]. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott...
Published 01/14/22