Episode 6: Die verhouding tussen gay mans en lesbiërs
Listen now
Description
In hierdie episode ondersoek ons die persepsies en indrukke oor gay mans en lesbiërs se verhouding met mekaar. Is daar onenigheid tussen hierdie twee groepe, of is dít maar bloot ’n mite wat geskep is om verdeeldheid in die gemeenskap te saai? Bly ook ingeskakel tot aan die einde van die episode om te luister na ’n gesprek met Armand Aucamp oor Koer, die eerste Afrikaanse liefdestoep. As jy op soek is na liefde, skryf ook gerus in vir Via se nuwe maatsoekprogram, Die Liefdes-eksperiment. Om deel te wees van hierdie opwindende geleentheid, stuur ’n e-pos met jou naam, selfoonnommer, ouderdom, beroep en ’n foto van jouself na [email protected]. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”
More Episodes
Ná maande se stilte herrys Mannetjiesvrou soos Letserus. Luisteraars, ons is terug en ons duik sommer op die daad diep met ’n gesprek oor homofobie. Hoe kan die lesbiër haar staal vir homofobie, hetsy dit mikroaggressies is, of ernstiger homofobiese gedrag? Mannetjiesvrou – leer jou...
Published 06/17/22
Published 06/17/22
Episode 9 bring jou op die hoogte van die mannetjiesvroue in die voorkamer se persoonlike sake. Ons is opgewonde om vir jou insiggewende en vermaaklike inhoud te bring in 2022 – e-pos gerus enige voorstelle vir episodes na [email protected]. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott...
Published 01/14/22