Episode 6: Rabbedoe, rabbedoe
Listen now
Description
Saartjie Baumann, Kobie van Maasdorp en 7de Laan se Wilmien is almal voorbeelde van wat in die volksmond bekend staan as ’n rabbedoe. Ons betrag dié maltrap vanuit alle hoeke en wonder hoe sy so geliefd geraak het in die Afrikaanse popkultuur. Ons deel ook opwindende nuus oor ’n baanbrekerboek waartoe ons bygedra het. Bestel Skeef – Wat jy van LGBTIQ-wees wil weet deur Renaldo Schwarp hier: https://www.loot.co.za/product/renaldo-schwarp-skeef/kjhj-7418-g520. Skeef is van 1 September op die rakke – moenie vergeet om jou storie oor rabbedoes met ons te deel om in aanmerking te kom om ’n kopie van die boek te wen nie! Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott Holmes – “Hotshot”
More Episodes
Ná maande se stilte herrys Mannetjiesvrou soos Letserus. Luisteraars, ons is terug en ons duik sommer op die daad diep met ’n gesprek oor homofobie. Hoe kan die lesbiër haar staal vir homofobie, hetsy dit mikroaggressies is, of ernstiger homofobiese gedrag? Mannetjiesvrou – leer jou...
Published 06/17/22
Published 06/17/22
Episode 9 bring jou op die hoogte van die mannetjiesvroue in die voorkamer se persoonlike sake. Ons is opgewonde om vir jou insiggewende en vermaaklike inhoud te bring in 2022 – e-pos gerus enige voorstelle vir episodes na [email protected]. Mannetjiesvrou – leer jou les. Musiek: Scott...
Published 01/14/22