Episode 164. - Deon Maas
Listen now
Description
Deon Maas kom kuier vir ’n tweede keer in die garage om oor sy nuutste boek Witboy In Berlyn te gesels. Hy stel die boek bekend hierdie week by die US Woordfees en ook Dinsdag, die 12de Maart 2019 by La Bottega in Kaapstad – jol skop 18:00 af. Bespreek gerus [email protected], dis gratis. Deon is ’n skrywer (Witboy in Afrika, Melk Die Heilige Koeie, en nou ook Witboy in Berlyn), maker van dokumentêre films (Punk in Africa en Who Killed Johannes Kerkorrel?) en ’n televisievervaardiger (Jam Sandwich en Fortuinsoekers). Hy word somtyds daarvan beskuldig dat hy ’n moffie, daggaroker of kommunis is. Hy is wel skuldig aan van dié aantygings. Hy is getroud met Veda (’n vrou) en woon tans in Berlyn saam met haar en hul honde.
More Episodes
Op hierdie tweede deel van my gesprek met Neil Sandilands gesels ons oor acting, songwriting, existentialism, die mag van die moontlikheid, Koos Kombuis, Rian Malan, Howard Stern, Don Rickles, Antjie Krog, Karel Schoeman en ja, Nietzsche. Ondersteun asb my Blitzkriek Braaikaaster kitaarrooster...
Published 11/04/20
Published 11/04/20
Neil is ’n veelsydige akteur, filmmaker, musikant, songwriter en hy is ’n export.
Published 08/28/20