Episodes
Kobus Galloway is daai populêre spotprenttekenaar, grafiese ontwerper, illustreerder en die main brein agter Idees Vol Vrees, Skerpskerts, Komedie.co.za en Skorsie en Das. Hy kom kuier in die garage en gesels oor hoe sy liefde vir kuns, idiome, dubbelsinnighede en humoristiese woordspeling hom ’n suksesvolle aanlyn-entrepreneur gemaak het. 
Published 02/23/18
Jaco van der Merwe is ’n skrywer, ’n filmteorie-lektor en ’n rapper vir die electro-rap band Bittereinder. Hy kom kuier in die garage al die pad van Pretoria af om te gesels oor die disillusionment van sy Afrikaner-identiteit as laerskool laaitie, sy Hoërskool bands, daai eerste distortion pedal, die dae toe hy gerap het as Ajax, hoe hy saam met Peach van Pletzen se projek Yesterday’s Pupil in Pole gaan optree het en hoe Bittereinder ’n positiewe uitlaatklep geword het vir sy ambivalente...
Published 02/09/18
Arno Carstens hang deesdae weer in Bellville uit want The Springbok Nude Girls is besig om ’n nuwe album te record. Dus moes dié legendary singer songwriter en frontman kom kuier in die garage om te gesels oor sy nuutste album Aandblom 13, sy kinderdae op Worcester, die rock Renaissance van Stellenbosch in die 90s, meeste van die Nude Girls se albums, open vir die Stones, paint parties saam Beezy Baily en nog vele meer.
Published 02/01/18
Jack Parow is ’n rapper. Hy kom kuier in die garage en gesels oor sy kinderdae, sy eerste jobs, sy nuwe album, sy vorige albums, sy collaborations, sy tv-shows, hoe om goeie PR-damage control te doen en wat se invloed brands het op die musiekbedryf. Geborg deur Evolver Signs and Graphics.
Published 01/26/18
Francois van As is ’n Kaapse komediant wat sy kitaar en song writing skills gebruik om mense te laat lag. Hy kom kuier in die garage om te gesels oor sy kinderdae op Bredasdorp, wat alles daar by Spar gebeur het, sy eerste band Plofmot, hoe hy die redakteur van die skoolkoerant geword het en die dae toe hy Kunskafee (wat toe later The Rabbit Hole geword het) in Durbanville besit het. In 2016 wen hy die Comedy Central Africa Grab the Mic toekenning, so hy gesels ook die verhouding tussen...
Published 01/18/18
Le Roi Nel was die hoofsanger en kitaarspeler in Foto Na Dans en Gerdus Oosthuizen was die kitaarspeler en tweede sanger in New Holland, twee baie populêre rock bands uit Bellville. Le Roi en Gerdus kom kuier al die pad van Duitsland af om te gesels oor hulle nuwe band Sons Of Settlers, hoe dit is om musiek te maak in Duitsland en wat alles in die dae van New Holland en Foto Na Dans gebeur het.
Published 01/11/18
Voor Henré Pretorius agter die kameras kon werk by sy eie produksiehuis Admit One Media, moes hy eers sy tande slyp as akteur (Backstage, 7de Laan, Getroud Met Rugby) en TV-aanbieder (JIP, Studio 1, Smelt, Zing). Henré kom kuier in die garage om te gesels wat alles agter die skerms gebeur het gedurende sy dae by KykNET en MK en oor sy verhouding met sy broer Herman Pretorius wat in 2009 sy stryd teen kanker verloor het.
Published 01/04/18
In hierdie derde en laaste uitgawe van WAT se Best Of 2017 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Valiant Swart, Schalk Maas, Rouleaux van der Merwe, Chris Kreef, Jo Ellis, Ruan Styx Fourie, Michelle Nolte, Danie du Toit, Chris Danger Thundervolt, Tertius Kapp, Pietie Beyers en Toast Coetzer. Geborg deur PUTSTOP padwinkel en vulstasie op die R305 na Stilbaai toe.
Published 12/30/17
In hierdie tweede uitgawe van WAT se Best Of 2017 spoeg en plak Willim vir jou brokkies uit sy gunsteling onderhoude van die jaar met Gifford Peché, Izak du Plessis, Philip de Vos, Jean Tunes Marais, Erns Grundling, Johnny de Ridder en Schalk Joubert. Geborg deur PUTSTOP padwinkel en vulstasie op die R305 na Stilbaai toe.
Published 12/20/17
Stéfan Burger is ’n sanger, liedjieskrywer en kliniese sielkundige by die Jimmie Roosskool net buitekant Dewetsdorp. Stéfan is ’n passievolle liefhebber van plaaslike musiek en na ’n konsert van Riku Lätti het hy onlangs besluit om self die kitaar op te tel en te begin songs skryf en toe sommer ook ’n album op te neem. Stéfan was ook deel van die Swart Hond-konsert in Jacobsbaai wat Dana Snyman Saterdag gehou het vir sy geliefde Anette Roberts met wie hy op die dag sou trou. Willim en Stéfan...
Published 12/14/17
Willim doen bietjie hersiening en spoeg en plak vir jou ’n paar waardevolle lesse WAT hy geleer het uit 2017 se eerste episodes met Francois Van Coke, Barry Hilton, Elbie Adendorff, Herman Kleinhans, Rohan Strydom, Chris DeWet Bornman, Gigi en Nita Fourie, Johan Jack Smith en Heine Van Der Walt. Willim las hierdie lesse aanmekaar met stukkies van sy nuwe album Blitzkriek.
Published 12/06/17
Rumswinger is ’n vintage swing, electro, house en pop band uit Kaapstad met ’n splinter nuwe EP. Carla Louw en Marné Gelderbloem is ’n couple en ook die groep se twee main members. Hulle vertel vir Willim van al hulle vorige bands, hulle onlangse travels, hoe dit is om te werk op die Survivor TV-reeks, die dae toe Marné in We Set Sail gespeel het, toe Carla by MK gewerk het en toe sy deelgeneem het in Idols. Carla gesels ook oor haar vorige art pop project Duimpie Se Maat.
Published 11/24/17
Gareth Wilson is a rock ’n roll singer, songwriter, guitarist, music venue owner and talent buyer for Oppikoppi. Willim talks to Gareth about the origin and legacy of his main band Southern Gypsey Queen, how he became a music promoter at Southern Buzz, Hilltop Live, Oppikoppi and The Goodluck Bar.
Published 11/16/17
Benjamin Booker is an American musician, singer, songwriter and guitarist. Booker’s got a new album out called ‘Witness’ and because Willim’s a huge fan, he decided to give the man a call to ask him a bunch of questions like: What was it like touring with Jack White? How did he get to play on David Letterman? (Turns out he saw Letterman fall on face after the show…) What happened to his first backing band? How did he get Mavis Staples to collaborate with him. All that and much more. They also...
Published 11/09/17
In deel 2 van Willim se gesprek Sarah Theron gesels hulle oor musiekfeeste, die lewe van ’n freelance sanger, self-censorship, songwriters, social-media, ’n stukkie politiek en ... boy bands.
Published 11/02/17
Sarah Theron is ’n bekroonde sangeres en ’n bekende aktrise met ’n intimiderende body of work agter haar naam. Sy kom kuier in die garage en gesels oor haar kinderdae in die Kaap, haar drama-studies op Stellenbosch en Pretoria, ouerskap, haar eerste musiekproduksies en haar rol as Baby Botha in Egoli – Plek van Goud. Ons gesels ook oor meeste van haar albums en die ups and downs van die musiekbedryf.
Published 11/02/17
Janie Bay is ’n singer-songwriter van die Kaap wat nou in Pretoria woon. Sy’t onlangs haar major-label debut album, ‘Miscellany’, gedrop en dus was dit ’n goeie tyd vir Janie om in die garage te kom kuier. Sy gesels oor haar skooldae, haar musikale verhouding met haar broer Theunis Cilliers, die begin van Janie and The Beard, die dae op J-Bay, die cold-turkey move Pretoria toe, haar collaborations, die #MeToo movement en nog vele meer.
Published 10/26/17
Danie Marais is ’n bekroonde digter, rubriekskrywer, vryskutjoernalis, radio-omroeper en net ’n plain likeable cool dude met oorgenoeg useful information en quotes oor pop culture. Danie kom kuier vir ’n tweede keer in die garage sedert episode 56 en ons riff oor Die Wasgoedlyn, die beste albums van 2017, sosiale media, pop culture, folk music en nog vele meer.
Published 10/19/17
Louise Crouse is ’n publicist wat PR doen vir kunstenaars en bands soos Fokofpolisiekar, Francois van Coke, Stoker, Jack Parow, Die Heuwels Fantasies, Taxi Violence, PHFAT en nog ’n hele klomp ander. Het jy al ooit gewonder hoe bands en kunstenaars radio en tv onderhoude kry? Of hoekom sommige sangers meer in die koerante en tydskrifte verskyn as ander? Louise gee ons ’n kry ’n bietjie insig oor wat alles agter die skerms moet gebeur voor ’n band ’n album launch, ’n review kan kry of...
Published 10/08/17
Rupert Koopman is ’n plantkundige by Cape Nature, hy is basically ons eie David Attenborough as dit by fynbos kom, met ander woorde: Rupert maak úít van fynbos. Aangesien hy ’n rockstar-botanis is, móés hy in die garage kom kuier vir ’n wildcard interview.
Published 09/29/17
Porra van der Merwe is main-man by DPK, 'n company op Stellenbosch wat events en feeste reël, hulle produce ook 'n klomp goeters vir TV, film en die verhoog. Porra kom kuier in die garage en vertel vir Willim 'n hele paar van daai legendariese MK Avontoer-stories en wat hy alles oor die jare geleer het oor hoe 'n ding lekker te reël. Bestel Willim se nuwe album Blitzkriek by [email protected]
Published 09/21/17
Hannes Brümmer is ’n komediant en ’n akteur. Hy kom kuier in die garage en riff saam met Willim oor stand-up comedy, improv comedy, acting en sub-par fame. Hulle gesels ook oor hoe Zef-sketse begin het en hoe die TV-reeks 'Kompleks' ’n cult-classic geword het.
Published 09/14/17
Hunter Kennedy van Fokofpolisiekar kom kuier vir 'n tweede keer in die garage om te gesels oor hulle nuwe crowd-funded album 'Selfmedikasie', hoekom hy nie meer op social media is nie en hoe daai slang sy eie stert vreet.
Published 09/07/17
Toast Coetzer is ’n joernalis, beat poet, radio-omroeper, fotograaf en een van die editors van Ons Klyntji. Toast kom kuier in die garage om te gesels oor die geskiedenis van dié publikasie en om ’n paar stukke voor te lees van die nuwe ene wat uitkom in Oktober 2017.
Published 09/03/17
Pietie Beyers is ’n akteur. Jy sou hom al gesien het as Zatopek, Neil Sandilands se jonger self, in die TV-reeks ‘Orion’, as Dr. Deon Visser in ‘Binnelanders’ en in ander TV-reekse en films soos ‘Buurtwag’, ‘Sy Klink Soos Lente’, ‘Beskermhere’ en ‘Onder Die Tafel’. Pietie kom praat die mic aan die brand in die garage met ’n opgewekte, energiebelaaide interview oor sy familie (sy ma is die bekende aktrise Susanne Beyers en sy suster Yvonne Beyers is die redaktrise van Huisgenoot), sy...
Published 08/24/17