Episodes
Otto neem nie alleen Dottie se kosrubriek by Windhond weg nie, hy skerm steeds vir die onbevoegde Tina. Maar Corlia het genoeg gehad.
Published 11/30/20
Tannie Dottie en Slaptjip verf dat dit klap in Kolwyntjie toe Elfra daar aankom met interessante nuus oor Wolfgang.
Published 11/27/20
Otto vra Corlia om Tina se stories oor te skryf en sy kom in opstand. Dan ontmoet Corlia vir Wolfgang buite...
Published 11/26/20
Wolfgang en Wessel saai selde saam uit maar vanoggend is dit hulle beurt. Dit verander egter in ’n groot geveg.
Published 11/25/20
Dottie en Wessel is besig om Kolwyntjie uit te verf wanneer Wessel opdaag. Hy is nogal bekommerd oor sy oggendprogram wat luisteraars verloor.
Published 11/24/20
Otto roep Corlia in en roskam haar. Dit het egter die teenoorgestelde uitwerking as wat die befoeterde redakteur verwag.
Published 11/23/20
Slaptjip kry ʼn antwoord op Wolfgang se flambojante brief en die liefde blom!
Published 11/20/20
Wolfgang en Wessel saai vanaf die padkafee uit en dis ʼn reusesukses. Maar Wolfgang het twee verskuilde agendas wat na vore tree.
Published 11/19/20
Otto het Tina se jongste storie vir Leefstyl gelees. Dan bars die duiwel los.
Published 11/18/20
Wolfgang daag onverwags by Kolwyntjie op en neem Slaptjip op ʼn rit wat hy nooit sal vergeet nie.
Published 11/17/20
Corlia is besig om uit Briekaandraai Gastehuis te trek wanneer Wessel opdaag en aanbied om te help. Maar Wessel het nuus wat Corlia glad nie verwag het nie.
Published 11/16/20
Otto is baie beïndruk met wat hy by Melissa se padkafee sien. Hy het nooit gedink dié tante sal so ʼn klein rewolusie op die dorp veroorsaak nie. Dan daag Elfra op ...
Published 11/13/20
Slaptjip se waentjie is beskadig ná ʼn ligte ongeluk, maar Wessel en Wolfgang help hom om dit weer padwaardig te kry. Wolfgang se hulp kom egter teen ʼn prys.
Published 11/12/20
Wolfgang loop Corlia raak waar sy in ʼn agterstraat navorsing doen oor ʼn dwelmonderhandeling. Hy neem haar op ʼn rit in sy sportmotor wat haar lewe verander.
Published 11/11/20
Otto en Elfra ontmoet mekaar oudergewoonte in die gimnasium ... ʼn rusie ontstaan wat die plek tot stilstand bring. Maar ʼn groter skok wag op Slaptjip.
Published 11/10/20
Slaptjip kan sy oë nie glo nie. Hy stap in die padkafee in, en ʼn toneel begroet hom wat hy nooit geglo het hy sal sien nie.
Published 11/09/20
Wessel saai vir die eerste keer alleen uit en besef: al dink ander dit het goed gegaan, het hy nie sy beste gelewer nie. Dan neem Wolfgang hom onder hande ...
Published 11/06/20
Elfra groet Otto finaal en kom haal haar laaste besittings uit Windhond se kantore. Dan bars ʼn herrie los in die padkafee.
Published 11/05/20
Dit het tyd geword vir Corlia om finaal te kies tussen Briekaandraai en Windhond.
Published 11/04/20
Wolfgang en Elfra beplan aan die middagprogram, maar wanneer Slaptjip opdaag met sy beste slaptjips, ontstaan ʼn moeilike situasie wat Elfra nie verwag het nie.
Published 11/03/20
Wessel hoor met ʼn ompad van die Windhond-aanbod wat Corlia gekry het en die duiwel is los. Melissa kom af op die bakleiery tussen hulle. Die vet is in die vuur.
Published 11/02/20
Elfra se eerste uitsending as omroeper is ʼn reusesukses en Dottie en Slaptjip vier dit. Dan moet Corlia ʼn keuse maak.
Published 10/30/20
Wanneer Slaptjip sy waentjie naby Windhond se kantore parkeer, raak Otto bewus van hom en gaan spreek hom met duidelike opdragte wat Slaptjip ontstel.
Published 10/29/20
Otto daag by Wolfies, die nuwe gimnasium, op. Maar hy het ʼn plan. En Corlia is stewig in sy visier.
Published 10/28/20
Die groot oomblik breek aan. Die nuwe middagprogram begin op Briekaandraai FM. Maar dan verander alles …
Published 10/26/20