Episodes
Published 01/01/21
In hierdie laaste episode van die reeks neem sake ’n dramatiese wending wat Porseleinberg se toekoms vir altyd verander.
Published 01/01/21
Wolfgang praat met Otto oor die oorname van Briekaandraai en maak skok-onthullings. Dan konfronteer Lana vir Wolfgang.
Published 12/31/20
Skokgolf op skokgolf trek deur Porseleinberg. Maar Elfra hou die sleutel tot die grootste geheim...
Published 12/30/20
Wessel en Otto onderhandel oor die moontlikheid om saam te werk. Maar kan die twee hardekoppe saamstaan?
Published 12/29/20
Slaptjip en Melissa bespreek die hoogs suksesvolle uitsending van Wolfgang en Lana op Briekaandraai... toe Elfra die nuus breek oor Frans Brink se dood.
Published 12/28/20
Lana en Wolfgang saai vir die eerste keer saam uit en daar is vonke.
Published 12/25/20
Wessel en Otto praat hulle geskille uit oor die kompetisie tussen Windhond en Briekaandraai. Dan verneem Wessel van interessante verwikkelinge in die padkafee.
Published 12/24/20
Dottie en Slaptjip skinder oor wat alles op die dorp gebeur het juis toe Elfra daar instap en Slaptjip haar pootjie met ‘n onverwagse vraag...
Published 12/23/20
Lana en Wolfgang konfronteer mekaar uiteindelik oor die rede hoekom elkeen van hulle juis nóú Porseleinberg toe gekom het.
Published 12/22/20
Elfra gaan sien Otto om met hom oor die aanbod te praat om weer na Windhond toe terug te kom. Wessel daag met interessante nuus op oor die geel motor wat duskant Porseleinberg in ‘n ongeluk was.
Published 12/21/20
Tannie Dottie kry ‘n reuse verrassing wanneer sy Melissa in die padkafee besoek. Slaptjip daag hierna op met verbysterende nuus.
Published 12/18/20
Wessel hoor hoe dit met Phoebe en Slaptjip se hartsake gaan. Wanneer Wessel Wolfgang se redigeer-sessie onderbreek, bars die duiwel los.
Published 12/17/20
Otto maak Elfra ‘n aanbod. En Elfra en Lana doen stemopnames naby Corlia se motorwrak.
Published 12/16/20
Dottie en Melissa skinder oor die nuwe omroeper Lana Visser wanneer sy onverwags instap en hulle meer hoor as wat hulle verwag het...
Published 12/15/20
Otto klop Wessel wakker met skokkende nuus.
Published 12/14/20
Corlia werk kliphard aan die belangrikste storie van haar lewe met dramatiese gevolge.
Published 12/11/20
Slaptjip se waentjie, Loslootjie, wil nie vat nie, maar gelukkig is Wessel daar om te help. Dan maak Wessel nuus aan Wolfgang bekend wat die duiwel laat losbars.
Published 12/10/20
Dottie en Elfra ondersoek die plek waar Wolfgang ’n ongeluk gehad het. Dan breek Elfra skokkende nuus oor Wolfgang aan Otto.
Published 12/09/20
Wolfgang lê in die hospitaal en Corlia gaan besoek hom. Dis ’n besoek wat nie een van hulle twee ooit sal vergeet nie.
Published 12/08/20
Slaptjip en tannie Dottie is geskok oor die ongeluk wat voor Kolwyntjie gebeur het. Maar wanneer Wessel opdaag, raak die drama en geheime net groter.
Published 12/07/20
Otto en Elfra stap deur die hoofstraat toe daar ’n onverwagse ongeluk is met dramatiese gevolge.
Published 12/04/20
Wolfgang waarsku Wessel dat die oggendprogram ’n stewige opgradering nodig het maar Wessel stem nie saam nie. Dan takel Wolfgang onverwags vir Slaptjip. Dit is asof die duiwel in hom losgeraak het.
Published 12/03/20
Corlia en Wessel ry weer fiets en ontmoet iemand by die afgrond waar ’n lelike insident amper gebeur.
Published 12/02/20
Wolfgang besef Windhond gaan onder en hy maak Otto ’n aanbod vir die koerant. Maar twee hardekoppe, een ’n narsis en die ander ’n diktator, bots liederlik.
Published 12/01/20