Jy sê jy is my grootste fan, but kaantie vra jy waar het ek geleer om so mooi Afrikaans te praat. Jy dink jy is kaviaar, but kaantie is jy viskuite. Jy verbeel jou jy’s ingelig, but kaantie forward jy nog fake news. Jy was drie maande in Engeland, nou kan jy nie meer die regte Afrikaanse woord vir ’n ding onthou nie. Welkom by die Ivor Price show. Hier is ons ernstig oor die nuus, maar nie oor onsself nie.
In dié episode van “But kaantie: die Ivor Price show”… Die predikant Ivor Swartz praat oor sy nuwe boek, “Die verlore seun vannie Gaatjie”, en sy verskyning dié week op “Ivor en die verskilmakers”, ’n VIA-televisieprogram. Spoegwolf se Danie du Toits poeg vuur oor die hel waarin restaurante hulle...
Published 07/26/20
In episode 7 van “But kaantie: die Ivor Price show”: Die kunswêreld treur oor die moord op die choreograaf en danser Kirvan Fortuin. Die skrywer Bettina Wyngaard, dramaturg Herschelle Benjamin en Anroux Marais, die Wes-Kaapse minister van kultuursake en sport, bring hulde aan hom. Theo Venter...
Published 06/13/20