Episode 181: Giniel de Villiers
Listen now
Description
Giniel de Villiers is 'n legende in die motorsportwêreld en ‘n trots Suid-Afrikaanse produk. Tussen 1997 en 2000, wen hy die Suid-Afrikaanse Touring Car kampioenskap vier keer. In 2003 maak hy  'n indrukwekkende Dakar debuut met Nissan, deur in die vyfde plek  te eindig. Saam met Volkswagen, behaal hy 'n tweede plek in 2006 en 'n oorwinning in 2009. Met 'n loopbaan wat meer as twee dekades strek, is De Villiers 'n meester van konsekwentheid, met tallose Top 10 posisies en 15 podiumverskynings. As 'n hoeksteen van die Toyota Gazoo-span, spandeer hy baie van sy tyd om die Hilux te onwikkel in veral die Namibiese- en Kalahariwoestyn.  
More Episodes
Published 04/16/24
André Koegelenberg en Johan Pool se lewens is op hul koppe gedraai toe ‘n gasontploffing in 2019 hulle elektriese winkel vernietig het. Na jare se harde werk om hul reputasie op te bou en ‘n kliëntebasis te vestig was daar net een ding om te doen: om oor te begin.   Die konsessiehouers van die...
Published 04/08/24
Ek het gesels met Roedolf van der Westhuizen, die Uitvoerende Hoof van Die MOS Inisiatief en Albert van Wyk oor entrepreneurskap. Ons het veral gesels oor Albert se televisiereeks op VIA "Maak my 'n Miljoenêr" Entrepreneur van die Jaar-kompetisie, waar Hoërskool kinders wat hul eie besighede...
Published 01/23/24