Drie urineer-voorvalle by Maties: US se dr. Leslie van Rooi vertel wat fout is en hoe hulle dit aanspreek.
Listen now
Description
Drie afsonderlike urineer-voorvalle by die Universiteit Stellenbosch het die laaste ses maande die nuus gehaal. Al die voorvalle was by manskoshuise en daar was glo baie drank betrokke by elkeen. In die jongste voorval verlede week het ‘n erg besope student in die kamer van medestudente by die Eendrag-koshuis geürineer. Mia Spies vra die senior direkteur van sosiale impak en transformasie aan die Universiteit Stellenbosch dr Leslie van Rooi wat die rede is vir die gedrag en wat daaraan gedoen word.
More Episodes
Published 11/04/22
Teen dié pas gaan die Britse koning Charles III meer eerste ministers as sy ma deurdraf. 15 eerste ministers het onder Koningin Elizabeth II gedien. Koning Charles trek nou al by sy 2de, nadat Liz Truss ná net 45 dae (die kortste termyn in Brittanje se geskiedenis) bedank het. Ná 'n week van...
Published 10/28/22
Daar was die laaste ruk verskeie voorvalle van kindermoorde in die nuus, maar met ander groot nuus (Zuma se korrupsieverhoor is uitgestel en die Steinhoff-sage) het dit nie die hoofopskrifte gehaal nie. Die grusame moord op Bokgabo Poo (4) van die Gautengse Oos-Rand wat ontvoer, verkrag en...
Published 10/21/22