Episodes
Drie afsonderlike urineer-voorvalle by die Universiteit Stellenbosch het die laaste ses maande die nuus gehaal. Al die voorvalle was by manskoshuise en daar was glo baie drank betrokke by elkeen. In die jongste voorval verlede week het ‘n erg besope student in die kamer van medestudente by die Eendrag-koshuis geürineer. Mia Spies vra die senior direkteur van sosiale impak en transformasie aan die Universiteit Stellenbosch dr Leslie van Rooi wat die rede is vir die gedrag en wat daaraan gedoen...
Published 11/04/22
Published 11/04/22
Teen dié pas gaan die Britse koning Charles III meer eerste ministers as sy ma deurdraf. 15 eerste ministers het onder Koningin Elizabeth II gedien. Koning Charles trek nou al by sy 2de, nadat Liz Truss ná net 45 dae (die kortste termyn in Brittanje se geskiedenis) bedank het. Ná 'n week van hoogdrama is Rishi Sunak, die voormalige minister van finansies, as haar opvolger aangewys. Hermann Pretorius van die Instituut vir Rasseverhoudinge, wat die Britse politiek fyn dophou, gesels met Mia Spies.
Published 10/28/22
Daar was die laaste ruk verskeie voorvalle van kindermoorde in die nuus, maar met ander groot nuus (Zuma se korrupsieverhoor is uitgestel en die Steinhoff-sage) het dit nie die hoofopskrifte gehaal nie. Die grusame moord op Bokgabo Poo (4) van die Gautengse Oos-Rand wat ontvoer, verkrag en vermink is het my opnuut laat besef hoe ernstig die “epidemie” van geweld teen vroue en kinders in Suid-Afrika is, en hoe belangrik dit is om dit aan die groot klok te hang. Die uitvoerende direkteur van...
Published 10/21/22
Dit was die laaste ruk bloedig warm in groot dele van die land. Ek was vroeër die week in die Laeveld en dit was sonder twyfel die warmste wat ek al ooit in my lewe gekry het. Die kwik het elke dag tot in die veertigs gestyg, en met die land se huidige krag- en waterbeperkings is verligting soos lugverkoeling en ‘n koue stort ook maar beperk. Die uitermatige warm weer word toegeskryf aan ‘n "onverwagse" hittegolf. Die direkteur van die Global Change Institute aan die Universiteit van die...
Published 10/14/22
Die ontvoering van ‘n vrou verlede week in Kaapstad is die jongste van ‘n reeks ontvoerings hier op eie bodem. Die 35-jarige Oekraïense vrou se geel Audi is in Blue Downs tot ‘n stilstand gedwing toe twee karre weerskante van haar stilhou, sy is uit haar voertuig gepluk, twee skote is afgevuur voor haar ontvoerders met haar weggejaag het. Dit alles helder oordag. ‘n Video van die voorval word wyd op sosiale media gedeel. Die kriminoloog verbonde aan die Universiteit van Pretoria prof....
Published 10/07/22
‘n Naweekwegbreek saam met haar gesin het tragies geëindig vir Kimon Bisogno (39) van Kaapstad. Sy het Sondagoggend by die Sentraalstrand in Plettenbergbaai geswem, glo net heupdiepte, toe sy deur ‘n haai doodgebyt is. Dit is die tweede noodlottige haai-aanval in drie maande by dié kusdorp. In Junie is die 49-jarige Bruce Wolov deur ‘n grootwithaai doodgebyt. Nico Booyens, die hoofnavorser en mariene bioloog van Shark Research Unit, 'n navorsingsfasiliteit in Mosselbaai, gesels met Mia Spies.
Published 09/30/22
Kragfrustrasies onder Suid-Afrikaners kook oor nadat Eskom dié week Fase-6 beurtkrag ingestel het. Daar was selfs praatjies van fase 8 of hoër. Dis duidelik dat daadwerklike ingryping en dringende oplossings nóú nodig is. President Cyril Ramaphosa het sy oorsese reis kortgeknip om 'n oplossing te probeer kry vir die beurtkrag-krisis. Maar wanneer gaan dit gebeur? ‘n Kragkenner verbonde aan die Noordwes-Universiteit Corneels Schabort vertel vir Mia Spies dat dit minstens twee jaar gaan vat...
Published 09/23/22
Koningin Elizabeth II (96) was tot haar dood verlede week meer as sewe dekades die koningin van die Verenigde Koninkryk, en vir bykans een dekade van haar heerskappy was Suid-Afrikaners self ook onderdane van haar. Dít is een van die groot redes vir die gemengde gevoelens hier op eie bodem teenoor die koninklikes. Hermann Pretorius van die Instituut vir Rasseverhoudings vertel vir Mia Spies oor Suid-Afrika se bande met die Britse monargie.
Published 09/16/22
Die nuutverkose Britse premier Liz Truss moet leiding neem te midde van ‘n sukkelende ekonomie, energiekrisis en stygende lewenskoste. Truss het in haar eerste toespraak as premier onderneem om dadelik in te spring en die groot uitdagings wat Brittanje in die gesig staar aan te spreek. Die vraag is, hoe? En hoe raak dit my hier aan die suidpunt van Afrika? Mia Spies vra ‘n kenner van internasionale politiek by Unisa prof. Jo-Ansie van Wyk.
Published 09/09/22
Wetstoepassingsagentskappe het hierdie week groot visse inkatrol in verband met staatskaping. Transnet se voormalige hoof Brian Molefe, en voormalige finansiële hoof Anoj Singh is saam met twee ander in hegtenis geneem vir korrupsie en bedrog van meer as R93 miljoen. Die nasionale vervolgingsgesag sê nog arrestasies kom. Mia Spies vra die politieke ontleder van Universiteit van Pretoria Roland Henwood of die net uiteindelik nouer span om die mense wat staatsinstellings in die Zuma-era...
Published 09/02/22
Ashley Oosthuizen (23) oorspronklik van George, sit al van Oktober 2020 in 'n tronk in Thailand nadat sy geteken het vir 'n pakkie wat dwelms bevat het. Sy is skuldig bevind op aanklag van internasionale dwelmhandel en lewenslange tronkstraf opgelê. Na 'n appèlverhoor verlede week is haar vonnis tot 33 jaar verkort. Daar is nou 'n maand tyd om teen die vonnis te appelleer. Ashley se ma Lynn Blignaut is tans in Thailand en het onlangs haar dogter vir die eerste keer in drie jaar gesien. Sy...
Published 08/26/22
Oudpres.Jacob Zuma is verlede jaar tronk toe gestuur vir 15 maande vir minagting van die hof, maar net 2 maande later is hy op mediese parool vrygelaat. Landsburgers was stomgeslaan. Die hooggeregshof het beslis sy vrylating was ‘onregmatig, onwettig en irrasioneel’. Daardie hofbeslissing is hierdie week deur Zuma se regspan in die appèlhof betwis. Wat is die kans dat Zuma terug gaan tjoekie toe? Mia Spies vra die politieke wetenskaplike van Unisa Prof. Dirk Kotzé.
Published 08/19/22
Die konflik in Oekraïne woed al langer as 5 maande, en daar is geen teken dat Rusland binnekort 'n einde aan die oorlog gaan maak nie. Hier op Nuusmakers gesels ons gereeld met Michele Potgieter, ‘n Suid-Afrikaner wat in Oekraïne woon. Sy het onlangs vir die eerste keer in maande dié land verlaat. Michele vertel vir Mia Spies en Kyran Blaauw oor haar senutergende reis oor die Oekraïense grens, en weer terug
Published 08/12/22
‘n Massaverkragting aan Gauteng se Wes-Rand het die land geskok. Agt vroue is verlede week verkrag en beroof terwyl hulle besig was om ‘n musiekvideo op te neem by die mynhope in Krugerdorp. Meer as 80 onwettige myners is in hegtenis geneem ná die voorval. 'n Kriminoloog aan die Universiteit van Pretoria prof. Christiaan Bezuidenhout praat met Mia Spies oor dié grusame bendeverkragting en oor Suid-Afrika se verkragtingskrisis.
Published 08/05/22
Beurtkrag is al 15 jaar lank deel van Suid-Afrikaners se lewens, maar dit lyk of daar uiteindelik lig aan die einde van die tonnel is. President Cyril Ramaphosa het Maandag ‘n omvattende plan aangekondig om die kragkrisis aan te spreek. Kan ons maar versigtig optimisties wees? En hoe lank gaan dit Eskom vat om die ligte aan te hou? Mia Spies vra die kragkenner verbonde aan die Noordwes-Universiteit Corneels Schabort op lig op die kwessie te werp.
Published 07/29/22
Vanaf hierdie week het KykNET kykers ‘n splinternuwe verskeidenheid nuusprogram, ‘Wie’s Nuus?’ wat Donderdagaande om 21:00 op DStv kanaal 144 uitsaai. Dié 26 episode program word aangebied deur die bekende en bekroonde joernalis, media entrepreneur en 2021 Kokertoekenningwenner. Mia nooi weekliks Netwerk24 joernaliste en ander kenner na haar sitkamer waar hulle, soos ou vriende, daardie week se hoofnuusmaker ontleed en vir die kykers die storie agter die storie vertel.
Published 07/22/22
Polisieminister Bheki Cele loop deur nadat hy vroeër die week sy humeur verloor het en geskreeu het op Ian Cameron van die drukgroep Action Society. ‘n Video van die onderonsie tydens ‘n gemeenskapsvergadering in Gugulethu in Kaapstad word wyd gedeel. Ian praat met Mia Spies oor sy konfrontasie met Cele wat die omstrede minister weer in die soeklig geplaas het.
Published 07/08/22
Fase 6-beurtkrag het hierdie week vir die eerste keer sedert 2019 getref, en die risiko van Fase 8 dreig. Dit is volgens Eskom weens werkers se onwettige staking oor loonverhogings. Terwyl die onderhandelinge oor die jongste arbeidsgeskil voortduur is Suid-Afrikaners letterlik en figuurlik in die donker. Die energiekommentator Chris Yelland praat met Mia Spies oor die jongste kinkel in die krag(krisis)kabel.
Published 07/01/22
Junie was beslis nie president Cyril Ramaphosa se beste maand op kantoor nie. Dit het begin toe die oud-spioenbaas Arthur Fraser strafregtelike klagte teen hom aanhangig gemaak oor die sogenaamde ‘Farmgate’; en boonop bevat die finale staatskapingverslag ook nie baie goeie nuus vir hom nie. Hermann Pretorius, die voorsitter van die Freedom Advocacy Network gesels met Mia Spies oor die implikasies hiervan.
Published 06/23/22
Elke maand vandat die oorlog in Oekraïne uitgebreek het, gesels Mia Spies met Michele Potgieter, ‘n Suid-Afrikaner in Oekraïne oor die situasie daar. Toe ons die eerste keer gesels het, die dag wat Rusland Oekraïne ingeval het, was die situasie nog redelik kalm in haar tuisdorp Reni in die Odessa streek. Nou, bykans vier maande later, is dit nie meer die geval nie.
Published 06/17/22
Die week het met goeie nuus vir Suid-Afrika begin toe die sogenaamde baasbreine van staatskaping uiteindelik in hegtenis geneem is. Die omstrede Gupta-broers Atul en Rajesh is Maandagaand in Dubai gearresteer, maande nadat interpol 'n rooi kennisgewing daarvoor uitgereik het. Prof. Dirk Kotzé, politieke ontleder van Unisa, praat met Mia Spies oor wat op die Guptas wag wanneer hulle uiteindelik voet aan wal sit in SA.
Published 06/10/22
Universiteit Stellenbosch het die laaste ruk opslae gemaak ná ‘n reeks opspraakwekkende én ontstellende voorvalle. Daar was wydverspreide woede toe ‘n wit student verlede maand op ‘n swart student se lessenaar urineer het. In dieselfde week is nóg ‘n beweerde rassistiese voorval én ‘n beweerde verkragting óók by die instelling aangemeld. Prof. Hester Klopper, viserektor vir strategie, globale en korporatiewe sake praat met Mia Spies oor die lesse wat die instelling geleer het en wat gedoen...
Published 06/02/22
Ná nog ‘n week van voortslepende kragonderbrekings is die meeste van ons gefrustreerd en moedeloos. Dit voel of beurtkrag erger as ooit is, die huidige situasie ís volgens Eskom se bestuur “een van die laagtepunte”. Maar dinge kán erger raak as daar nie daadwerklik opgetree word, en Eskom “so spoedig moontlik addisionele kapasiteit” bykry nie. Maar waar sal dit vandaan kom? Mia Spies vra vir Eskom se bedryfshoof Jan Oberholzer al jou beurtkrag vrae: Die ‘hoe’, ‘hoekom’, en ‘hoe lank nog’.
Published 05/27/22
Daar is 'n skerp styging in die getal Covid-19-gevalle. Beteken dit dat die nasionale vyfde vlaag van die pandemie hier is? En wat kan ons van dié virusgolf verwag? Dan is daar ook kommer oor ‘n ánder virus, ‘n vreemde soort hepatitis onder jong kinders. Wat weet ons daarvan? Dr. Jantjie Taljaard, hoof van infeksiesiektes van die Tygerberg-hospitaal in Kaapstad, beantwoord Mia Spies se vrae.
Published 05/20/22