Oor hoe lank gaan Cyril se kragplan inskop en beurtkrag uitskop? Mia Spies vra kragkenner Corneels Schabort.
Listen now
Description
Beurtkrag is al 15 jaar lank deel van Suid-Afrikaners se lewens, maar dit lyk of daar uiteindelik lig aan die einde van die tonnel is. President Cyril Ramaphosa het Maandag ‘n omvattende plan aangekondig om die kragkrisis aan te spreek. Kan ons maar versigtig optimisties wees? En hoe lank gaan dit Eskom vat om die ligte aan te hou? Mia Spies vra die kragkenner verbonde aan die Noordwes-Universiteit Corneels Schabort op lig op die kwessie te werp.
More Episodes
Drie afsonderlike urineer-voorvalle by die Universiteit Stellenbosch het die laaste ses maande die nuus gehaal. Al die voorvalle was by manskoshuise en daar was glo baie drank betrokke by elkeen. In die jongste voorval verlede week het ‘n erg besope student in die kamer van medestudente by die...
Published 11/04/22
Published 11/04/22
Teen dié pas gaan die Britse koning Charles III meer eerste ministers as sy ma deurdraf. 15 eerste ministers het onder Koningin Elizabeth II gedien. Koning Charles trek nou al by sy 2de, nadat Liz Truss ná net 45 dae (die kortste termyn in Brittanje se geskiedenis) bedank het. Ná 'n week van...
Published 10/28/22