Episodes
Rapport vra in sy hoofartikel, wat gepubliseer word op bl. 2 van die koerant van 26 April onder "Rapport Sê", waarom Suid-Afrika se inperking so streng is. Die konsensus oor inperking wêreldwyd is besig om ineen te stort.
Published 04/25/20
Published 04/25/20
Russell Lamberti, analis en ekonoom, verduidelik aan Waldimar Pelser waarom hy sê die regering se hantering van die Covid-krisis is vanaf dag een al 'n groot fout, en waarom die inperking dadelik beduidend verslap moet word, anders stuur ons af op 'n maatskaplike en ekonomiese ramp.
Published 04/17/20
Waldimar Pelser met hoogtepunte uit Sondag se Rapport.
Published 04/11/20
Waldimar Pelser gesels met John Steenhuisen, tussentydse leier van die DA, oor die regering se besluit om die inperking weens Covid-19 te verleng tot 30 April.
Published 04/10/20
Rapport-lesers vertel hoe regeringsmaatreëls rondom Covid-19 hulle raak. In een geval is vier polisievangwaens gestuur om 'n vrou vas te vat wat gewaag het om winkel toe te stap saam met haar hond. Deel jou storie oor inperking met ons deur 'n kort WhatsApp-stemnota te stuur na 0726156868. Addendum: Die reël dat sigarette nie verkoop mag word nie, is intussen gewysig. Jy mag nou!
Published 03/29/20
Waldimar Pelser gesels met Dawie Roodt van die Efficient-groep, wat verwag dat Suid-Afrika se ekonomie weens inperkings rondom die Covid-19-pandemie met tussen 10% en 15% kan krimp. Daar is egter ook koopgeleenthede as jy weet waar om te belê. Roodt sê die regering van pres. Cyril Ramaphosa moes kies “tussen die ekonomie en menselewens” en dat die inperking van drie weke wat pas begin het “waarskynlik nie genoeg gaan wees nie”. **** Hoe affekteer inperking jou? Stuur vir Rapport 'n stemnota...
Published 03/27/20
Waldimar Pelser gesels met Geordin Hill-Lewis, die Demokratiese Alliansie se skaduminister van finansies, oor wat gedoen kan word om die pyn te verlig van die maande lange ekonomiese krisis wat vir ons land voorlê.
Published 03/19/20
Waldimar Pelser in gesprek met Helen Zille by die Toyota Woordfees op Stellenbosch.
Published 03/12/20
Waldimar Pelser gesels met Dawie Jacobs oor wat hy hoop om te bereik met sy verklaring dat apartheid 'n misdaad teen die mensdom was.
Published 03/06/20
Waldimar Pelser gesels met Theo Venter, prof. Raymond Parsons en Ebrahim Fakir oor Tito Mboweni se planne vir pensioenfondse, die land se ekonomiese krisis, en of hulle hoop het vir die toekoms.
Published 02/29/20
In die tweede aflewering oor die dreigende skeuring van die NG Kerk praat Weekliks se redakteur, Pieter Malan, met dr. Frits Gaum, een van die leidende liberale stemme in die kerk oor die toekoms van die kerk te midde van die reuse onenigheid oor die legitimering van gay-verbintenisse. Gaum glo dat die kerk uiteindelik selfs sterker anderkant sal uitkom mits daar 'n strukture geskep word waar beide liberale en behoudende lidmate en gemeentes kan welkom voel.
Published 02/28/20
Pieter Malan gesels met ds. Theo Danzfuss, een van die leidende figure onder behoudende NG Kerk-lidmate. Ds. Danzfuss gee toe dat versoening tussen die liberale en behoudende kampe in die kerk nie moontlik lyk nie, maar meen dat dit nie beteken dat die NG Kerk noodwendig hoef te skeur nie.
Published 02/21/20
Hoogtepunte uit Rapport van Sondag 16 Februarie 2020: 'n Sjokoladefabriek hoor 'te veel swart vroue' werk daar | SA Rugby maak 'n plan om Rassie te hou | Steenhuisen sê swart ekonomiese bemagtiging moet afgeskaf word | Hanlie Retief reis na die Oos-Kaap om met Mej. Heelal, Zozibini Tunzi, te gesels | Dit en veel meer in Sondag se Rapport of op https://www.netwerk24.com/za/rapport
Published 02/15/20
Waldimar Pelser gesels met News24 se Pieter du Toit en Rapport se Dawie Boonzaaier oor Ramaphosa se planne vir Eskom, Malema se oordeelsfout, en almal wat laer trek rondom FW de Klerk...
Published 02/14/20
Waldimar Pelser gee 'n voorsmakie van die lekkerste stories in Rapport van Sondag 9 Februarie - ook beskikbaar op Netwerk24.com.
Published 02/08/20
Waldimar Pelser gesels met Hermann Pretorius van die Instituut vir Rasseverhoudinge oor of banke jou gaan help as die staat jou eiendom sonder vergoeding sou onteien.
Published 02/07/20
Op Vrydag 31 Januarie het die Akademie vir Wetenskap en Kuns 'n geskiedenissimposium aangebied met die onderwerp: "Die Afrikaner onder druk". Waldimar Pelser was een van die sprekers. Hier is sy toespraak.
Published 02/04/20
Pieter Malan gesels met die DA-LP dr. Annelie Lotriet, 'n lid van die parlementêre komitee wat opdrag gegee is om die Grondwet se eiendomsklousule te wysig.
Published 01/31/20
Pieter Malan gesels met die DA-LP dr. Annelie Lotriet, 'n lid van die parlementêre komitee wat opdrag gegee is om die Grondwet se eiendomsklousule te wysig.
Published 01/30/20
Waldimar Pelser gee 'n voorsmakie van die lekkerste stories in Rapport van Sondag 26 Januarie - ook beskikbaar op Netwerk24.com.
Published 01/25/20
Waldimar Pelser vra vir Arlene Prinsloo, Media24 se kenner van die Britse koningshuis, hoe die spieël gebreek het tussen Harry, Meghan en 'n publiek wat eens gaande oor die tweetjies was.
Published 01/24/20
Pieter Malan gesels met Rapport se Anoinette Slabbert en Jan de Lange oor pogings om beheer oor Eskom weg te neem van Pravin Gordhan.
Published 01/14/20
Waldimar Pelser gesels met die spotprenttekenaar Jeremy Nell (Jerm) nadat Facebook hom verban het.
Published 01/07/20
Waldimar Pelser, Jan-Jan Joubert en Dawie Boonzaaier praat oor die vyf grootste politieke stories van die jaar.
Published 12/20/19