Episodes
In die laaste aflewering van "3 Minute, 3 Sake" vir 2021 gesels Gerhard van Onselen oor Sakeliga se kommer oor die nuwe gaswet, die IMF se ontevredeheid met SA se ekonomie en hy praat ook oor die uitleg van die Grondwet.
Published 12/15/21
Published 12/15/21
In die jongste aflewering van "3 Minute, 3 Sake" gesels Gerhard van Onselen van Sakeliga oor die grondwetwysiging wat in die hek geduik het. Hy bespreek ook die bruto binnelandse produk (BBP) se inkrimping in die derde kwartaal en bespreek die belang van netwerke en desentralisering om staatsbestand te word.
Published 12/09/21
In vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" word die reaksie op pres. Ramaphosa se jongste Covid-19-televisieverklaring bespreek, Sakeliga gee sy mening oor verpligte inentings en deel ʼn paar inleidende gedagtes oor staatsbestandheid.
Published 12/06/21
In vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" gesels Gerhard van Onselen van Sakeliga oor die wysigingswetsontwerp op diensbillikheid, Suid-Afrika se hoë belastinglas en kritiek op die staat se lokaliseringsplanne.
Published 11/25/21
In vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" lewer Sakeliga kommentaar op die mini-begroting. Daar word ook gekyk na nuwe insigte oor die arbeidsmark ná die pandemie en verliese by staatsbeheerde ondernemings. Kom luister hier in 3 minute.
Published 11/17/21
Gerhard van Onselen van Sakeliga fokus op die mediumtermynbegroting wat binnekort voorgelê word. Hy praat ook oor Transnet se kredietafgradering, beurtkrag en misdaad.
Published 11/10/21
In vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die jongste nuus uit die energiesektor en kommer oor stygende kospryse, asook die voorgestelde wysigings aan die pensioenwet wat gepubliseer is.
Published 11/05/21
In vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" word die wêreldwye ontwrigting van die voorsieningsketting bespreek, asook beurtkrag en ʼn hofuitspraak wat elektrisiteitsekerheid op plaaslike vlak sal help verseker. Kom luister in 3 minute.
Published 10/27/21
In die jongste aflewering van "3 Minute, 3 Sake" gesels Gerhard van Onselen van Sakeliga oor munisipale verval, ʼn nuwe skema vir plaaslik vervaardigde produkte en kenners wat bekommerd oor inflasie is.
Published 10/20/21
In die jongste uitgawe van "3 Minute, 3 Sake" bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika (Acsa) se skerp verhoging in sy gebruikstariewe. Van Onselen kyk ook na die hoër repokoerse wat in die vooruitsig is en Johannesburg se City Power wat ʼn private kragaankoopooreenkoms aangegaan het.
Published 10/14/21
Gerhard van Onselen van Sakeliga gesels oor die wysigings aan die Wet op Maatskappye en ʼn verslag van Transunion oor die jongste skuldneigings. Hy fokus eerste op formele indiensneming wat swak bly. Kom luister in drie minute:
Published 10/07/21
Gerhard van Onselen van Sakeliga kyk na Jan Taks wat kleiner ondernemings se sake met die regering fyner wil bekyk. Hy gesels oor die beginsel van “gebruikers betaal” en Mauritius se aanloklike aanbod vir verblyfpermitte. Kom luister in 3 minute: 
Published 10/01/21
Gerhard van Onselen van Sakeliga bespreek die kwessie oor ent-paspoorte, die staatsbeheerde versekeraar wat aansoek doen om nog geld, asook Solidariteit se stappe teen die regering se planne vir bykomende belasting op sy burgers.
Published 09/15/21
In die jongste aflewering van 3 Minute, 3 Sake bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die kommer oor voorstelle vir 'n nuwe nasionale ‘aftreefonds’, Vinpro se hofsaak oor die drankverbod en Sakeliga se betaalmeester-hofsaak wat voortgesit word.
Published 08/25/21
In die jongste aflewering van "3 Minute, 3 Sake" bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die moontlikheid van lig aan die einde van Suid-Afrika se elektrisiteitskrisis. Hy maak ook ʼn paar afleidings uit ons land se nuwe infrastruktuurplan en verwys na die Noord-Kaap se groenkragplan as ʼn gevallestudie. 
Published 08/18/21
In die jongste aflewering van "3 Minute, 3 Sake" bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die skuiwe in pres. Cyril Ramaphosa se kabinet, ʼn moontlik nuwe belasting vir emigrante en die regering se planne vir talle nuwe staatsprojekte.
Published 08/13/21
In vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" bespreek Gerhard van Onselen van Sakeliga die onlangse onluste se skade by munisipaliteite, die Grondwetwysiging wat dalk gesink het en die Suid-Afrikaanse Reserwebank wat ʼn e-rand oorweeg.
Published 08/04/21
Gerhard van Onselen van Sakeliga verduidelik waarom die inperkingsmaatreëls nie ekonomies volhoubaar is nie en dat dit Suid-Afrika op ʼn glibberige glybaan van verdere inperkings plaas. Hy praat ook oor die IMF se druk op die regering om sy begroting aan te pas na die onluste vroeër die maand.
Published 07/28/21
Gerhard van Onselen van Sakeliga fokus op die verdere kredietafgradering van sekere metrorade se skuld. Hy verduidelik waarom die praatjies van sameswerings in die onlangse onluste ons nie moet flous nie, en bespreek watter lesse daar te leer is uit die gebeure van verlede week.
Published 07/21/21
Die departement van minerale bronne en energie het regulasies uitgevaardig wat vulstasies verbied om petrol en diesel in houers te verkoop. Dit sluit enige houers in, selfs dié wat gebruik word om kragopwekkers op te vul of brandstof in te berg. Miskien is die neerpen van onnosele wette en regulasies op so ʼn wyse die laaste stuiptrekkings van mislukkende en ondoeltreffende staatsdepartemente.
Published 07/16/21
Gerhard van Onselen van Sakeliga is terug in vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" en kyk hoe die onluste die plaaslike ekonomie en sakeondernemings sal raak. Hy bespreek oor die Wêreldbank se waarskuwing aan Suid-Afrika te midde van die onrus.
Published 07/14/21
In vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" kom die Turkse kragskepe weer onder die loep. Die Suid-Afrikaanse middelklas ervaar groot finansiële druk, en laastens, die ekonoom Russell Lamberti sluit by Sakeliga aan.
Published 07/09/21
In vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" praat Daniel du Plessis van Sakeliga oor Solidariteit se planne om regstappe teen die instelling van die Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te neem. Tshwane-metro se kredietgradering is skerp afgegradeer en kommer heers oor die verskerpte inperkingsmaatreëls se invloed op sakeondernemings.
Published 07/02/21
Gerhard van Onselen van Sakeliga kyk in vandeesweek se "3 Minute, 3 Sake" na die 200 afgestudeerde dokters wat nog nie in internskappe geplaas is nie. Hy bespreek ook probleme in die mynboubedryf en ʼn verslag oor internasionale mededingendheid waarin Suid-Afrika al hoe vrotter vaar.
Published 06/24/21