Episodes
Published 10/29/21
In die slotepisode nooi Wolfgang vir Lana en Wessel na sy strandhuis. Elfra daag onverwags daar op en sake bereik ʼn klimaks.
Published 10/29/21
Wessel vertel Wolfgang van die dwelmhandel wat openlik in Porseleinberg se strate plaasvind. Maar wanneer hy Elfra besoek, kry hy nuus wat die dorp ruk.
Published 10/28/21
Dottie en Slaptjip sit alleen op die stoep en kyk magteloos toe hoe dwelmhandel openlik in Porseleinberg se strate plaasvind.
Published 10/27/21
Corlia verneem verpletterende nuus en Wolfgang troos haar. Elfra gaan werk die nag alleen op kantoor. Dan staan iemand skielik voor haar.
Published 10/26/21
Wessel hoor dat die TV-program uiteindelik ʼn vaste aanbieder gekry het, en dat hulle hom nie eers oorweeg nie.
Published 10/25/21
Lana bied haar TV-insetsel op die strand aan. Dan merk hulle Elfra se motor bo by Wolfgang se strandhuis.
Published 10/22/21
Dottie en Wessel bespreek die veranderings wat Wolfgang aan sy program wil aanbring. Maar uiteindelik tref verstommende nuus die dorp oor Stefan en sy mening oor Wolfgang se program.
Published 10/21/21
Lana en Wolfgang bespreek Corlia se televisie-tonele. Dan bel Stefan, die grootkop van die TV-kanaal.
Published 10/20/21
Elfra kuier by Dottie wat haar die leviete voorlees. Dan vertel Dottie vir Lana van ʼn afskuwelike droom wat sy gehad het.
Published 10/19/21
Die duiwel bars los op stel wanneer Corlia se onderhoud nie werk nie en Wolfgang roskam haar deeglik voor almal. Dan daag Elfra op…
Published 10/18/21
Wessel is besig om sy drama-ateljee in te rig wanneer Slaptjip kom kyk wat aangaan.
Published 10/15/21
Corlia oefen haar eerste op-kamera-onderhoud op Dottie.
Published 10/14/21
Beide Wolfgang en Lana is beïndruk met hoe Elfra Windhond oorgeneem het. Maar Wessel voel sy raak te ongenaakbaar.
Published 10/13/21
Slaptjip en Dottie daag by Corlia se gimnasium op vir hul daaglikse oefening en hoor dan dramatiese nuus.
Published 10/12/21
Wolfgang en Lana bespreek die kritiek op hul loodsprogram se insetsels en hoe hulle dit kan omseil. Wessel praat met Lana oor hoe sy die radiostasie vernuwe het met ‘n Hoekie vir Eensames en nuusprogram vol klankinsetsels.
Published 10/11/21
Dottie en Slaptjip bespreek die veranderings by Kolwyntjie en die verfilming in die tuisnywerheid. Dan jaag ʼn motorfiets op Dottie af…
Published 10/08/21
Dit is Sondagoggend en Lana en Wolfgang ry terug van hulle naweek by sy strandhuis waar hy die grootkoppe van die TV-kanaal onthaal het. Wolfgang waarsku Lana teen rugstekers. Die aand op Porseleinberg kom Wolfgang op Elfra af en gee haar ʼn waarskuwing.
Published 10/07/21
Slaptjip daag met sy Charlie Chaplin-pakkie op en veroorsaak konsternasie in Kolwyntjie.
Published 10/06/21
Lana besoek Otto in die hospitaal en kry skokkende nuus van Wolfgang.
Published 10/05/21
Elfra het ʼn slim plan om Slaptjip se beeld te verbeter. Dan takel sy Otto se foute in die nuwe koerant.
Published 10/04/21
Lana leer ʼn ander sy van Wolfgang ken. En Wessel waarsku dat iemand Otto uit sy posisie probeer werk.
Published 10/01/21
Dottie neem soutterte na Windhond juis op ʼn oomblik dat ʼn krisis die koerant tref… en alles loop skeef.
Published 09/30/21
Die oorlog tussen die media op die dorp kry momentum. Wolfgang gebruik kameras om te baklei en Wessel gebruik die mikrofoon. Sy vernuwing laat die dorp regopsit.
Published 09/29/21
Elfra en Otto veg om Windhond se voortbestaan soos nooit tevore nie.
Published 09/28/21