Episode 173: Sepp Eckmaier; 2023/06/09
Listen now
Description
Vanuit die omstrede Afrikaner-nedersetting van Orania, in die hartjie van die Karoo en op die oewer van die Oranjerivier, word al vir die afgelope bykans 10 jaar tradisionele Duitse bier gebrou wat vir Suid-Afrikaanse skuimkop-liefhebbers, van heinde en ver, gaande het. Sepp Eckmaier het vir Orania ontdek tydens ’n gesinsvakansie in die Republiek, en vyf jaar later, na etlike jare se diens, uit die Duitse weermag bedank om die Bavaria Brouery Orania op die been te bring. Bavaria is gesog vir die hoë gehalte bier wat hulle, volgens die ‘Duitse Reinheitsgebot’ van 1516, brou.
More Episodes
Giniel de Villiers is 'n legende in die motorsportwêreld en ‘n trots Suid-Afrikaanse produk. Tussen 1997 en 2000, wen hy die Suid-Afrikaanse Touring Car kampioenskap vier keer. In 2003 maak hy  'n indrukwekkende Dakar debuut met Nissan, deur in die vyfde plek  te eindig. Saam met Volkswagen,...
Published 04/16/24
Published 04/16/24
André Koegelenberg en Johan Pool se lewens is op hul koppe gedraai toe ‘n gasontploffing in 2019 hulle elektriese winkel vernietig het. Na jare se harde werk om hul reputasie op te bou en ‘n kliëntebasis te vestig was daar net een ding om te doen: om oor te begin.   Die konsessiehouers van die...
Published 04/08/24