Agripreneurs Reeks: Stian Brandt
Listen now
Description
Het jy al ooit gewonder waarom ry daar meestal oorsee-vervaardigde “rowwe-onbeskofte-ruwwe-terrein-bakkies” in Afrika rond? Wel, dis aan die verander. ‘n Vrystater het opgehou wonder. ‘n Plan gemaak en gedoen! So is die bekostigbare, taai, betroubare, geen fieterjasies Brandt BRV-werkeselbakkies in Bloemfontein gebore en nou ook vervaardig. Ek het onlangs die spartaanse, duursame, lae onderhoud, veldry-voertuig  met sy stewige vragdravermoë by die Agriculture.Golf-gholfdag in Bloemfontein, te siene gekry. Ek het ook met die man agter die bakkies wat internasionale motorvervaardigers op eie werf aangedurf het, Stian Brandt van Brandt Radical Vehicles, gesels.    
More Episodes
Giniel de Villiers is 'n legende in die motorsportwêreld en ‘n trots Suid-Afrikaanse produk. Tussen 1997 en 2000, wen hy die Suid-Afrikaanse Touring Car kampioenskap vier keer. In 2003 maak hy  'n indrukwekkende Dakar debuut met Nissan, deur in die vyfde plek  te eindig. Saam met Volkswagen,...
Published 04/16/24
Published 04/16/24
André Koegelenberg en Johan Pool se lewens is op hul koppe gedraai toe ‘n gasontploffing in 2019 hulle elektriese winkel vernietig het. Na jare se harde werk om hul reputasie op te bou en ‘n kliëntebasis te vestig was daar net een ding om te doen: om oor te begin.   Die konsessiehouers van die...
Published 04/08/24