Episodes
L is vir Liefde vat 'n ruskans maar Huisgenoot werk aan 'n nuwe podcast, My Geheim waar vroue die dinge deel waaroor hulle swyg.
Published 10/05/21
Sy wou nog altyd 'n boer gehad het en toe slaan hy haar voete onder haar uit...
Published 08/05/21
Meer as 10% van die wêreld se populasie soek liefde aanlyn maar jy moet eers 'n hele paar paddas soen voor jy jou prins of prinses ontmoet.
Published 07/01/21
Van 'n noue ontkoming met die dood tot die restourasie van 'n kasteel in Frankryk wat uit 1536 dateer. Die egpaar het 'n neus vir avontuur.
Published 06/03/21
Hulle verhaal het 'n gelukkige einde maar dit is die dele tussen in, die goeie maar ook die groot hartseer, wat die liefdesverhaal raar maak. Hou 'n snesie byderhand.
Published 05/06/21
Hulle is mekaar se eerste liefdes en selfs 'n ernstige nekbesering kon hul nie van stryk bring
Published 04/01/21
Frik en sy vrou is al vir meer as 50 jaar getroud maar byna 40 jaar gelede het sy vrou op hom verneuk, en dit spook steeds by hom.
Published 03/04/21
Anja het haar Amerikaanse man, Andy eers op hulle troudag vir die eerste keer behoorlik gesoen.
Published 02/04/21
In die episode gesels Carla Coetzee met 'n paartjie wie baie uitdagings oorkom het. Casper se vrou en ma van sy vyf kinders is oorlede maar die liefde was nie klaar met hom nie...
Published 12/22/20
Danie en Alicia is in 'n langafstand verhouding en alhoewel hulle mekaar nog nooit in lewende lywe gesien het nie is hulle dolverlief en wil hulle trou. Luister na hulle merkwaardige verhaal hier!
Published 12/04/20
Die paartjie is vir meer as 30 jaar getroud. Twee kinders, 'n kankerstryd en 'n geslagsverandering later is hul steeds aan mekaar se sy.
Published 10/29/20
Tinkie en Gert het op skool ontmoet en 40 jaar later woon hulle op dieselfde dorp waar die liefde begin blom het.
Published 10/02/20
Soms is liefde regtig soos die draaiboek van 'n film - luister hier!
Published 09/04/20
Estelle het twee keer die liefdesboerpot geslaan. Sy het nie een keer, maar twee keer haar sielsgenoot ontmoet.
Published 08/07/20
Nog 'n ongewone ware liefdesverhaal. Die keer vertel ons die storie van Stephen, wie aan dwergisme ly, en sy vrou Rika.
Published 07/02/20
Dis 'n onwaarskynlike liefde want uit 'n tragiese ongeluk het liefde gespruit
Published 06/05/20
In die sesde episode van Huisgenoot se podcast oor die liefde, praat Carla Coetzee met 'n egpaar wie se verhouding die wenkbroue laat lig.
Published 04/30/20
In die vyfde episode van Huisgenoot se podcast oor die liefde, vertel Carla Coetzee, ’n roerende verhaal van verlies en hoe daai leemte nie altyd weer gevul kan word nie.
Published 04/03/20
'n Afrikaanse meisie verloor haar hart op 'n Egiptenaar en in 'n oogwink verander haar lewe handomkeer.
Published 03/05/20
In dié derde episode van L is vir Liefde praat Carla Coetzee met ’n paartjie wie nie wegskram van hul verlede nie al is die een ’n gevonnisde misdadiger.
Published 02/04/20
In die tweede episode van L is vir Liefde, kry ons 'n blik op 'n tipe verhouding wat vir meeste daar buite vreemd sal wees: die van 'n gesoute swinger.
Published 01/30/20
Die eerste episode van L is vir Liefde, gaan oor 'n liefdesverhaal wat vir Carla Coetzee na aan die hart lê - die van haar oupa en ouma.
Published 01/30/20