Episodes
Kobus voer iets in die mou, daarvan is sy seker. Amie sit tussen twee vure. Caro Marx het haar mooi gevra om Kobus se dinge aan hom bloot te lê, maar Kobus is haar vriend. Wat moet sy doen? Die Marx-broers bly nie lank haar grootste probleem nie – haar ouers lei haar in ‘n lokval.
Published 06/04/20
Antoinette konkel agter Amie se rug met Gerhard wat tot ‘n verdagte SMS-boodskap lei. Amie besef sy moet onder haar ma se voete uitkom en oortuig Kobus om saam met haar na meenthuise te begin kyk. In die proses boor hy ‘n sensitiewe aar oop, en Amie word deur haar eie spoke gekonfronteer.
Published 06/02/20
Teen middagete is Amie se senuwees rou. Hoe is dit moontlik? Sy was vas oortuig haar geluk het begin draai. Dat karma letterlik besluit het om die ander wang te draai.
Published 05/07/20
Vir ’n oomblik sit Amie net na haar selfoon en staar. Toe sink dit in: Haar lewe is nie verby nie. Sy hoef nie vir ewig en altyd onder haar ouers se dak te woon nie. Sy hoef nie haar Nine West-skoene vir FitFlops te ruil nie. Sy is weer ’n praktiserende prokureur.
Published 04/30/20
Published 04/30/20
Vandag vat sy haar tyd om hom op te som. Goed gesnyde pak, blink skoene, Rolex aan sy linkerpols. Net nog ’n wolf in skaapsklere. Sy sal haar kop op ’n blok sit die pak is ook Armani – Gerhard se gunstelinghandelsmerk. Gelukkig is sy nou wyser.
Published 04/23/20
Amie besef sy sal ‘n regte werk moet soek. Maar eers moet sy ‘n verwysing van VVV Ingelyf kry. Spesifiek van Gerhard. En dit beteken sy sal hom moet kontak. En Caro Marx wil haar spreek, oor ‘n koppie koffie. Oor Kobus, natuurlik niks anders nie.
Published 04/16/20
Hemel, maar die man is aantreklik! Daardie effense stoppelbaard op sy vierkantige ken … Al Pacino was ook aantreklik in Scarface, Amie! Maar hierdie vreemdeling is so stylvol. Sy sluk. Die slegte ouens in Mafia-flieks trek mos so deftig aan.
Published 04/09/20
Kom luister saam na ons spesiale, mini-reeks gedurede die Corona-inperkingstyd. Ilse Salzwedel gesels met mense om uit te vind hoe hulle hulself en hul gesinne gelukkig en besig hou gedurende die onsekere tydperk.
Published 04/02/20
Natuurlik het Kobus en sy broer ’n ingewikkelde verhouding; dit was al gister duidelik toe hy toegeklap het soos ’n mossel ná haar uitvraery. Sy moet minder nuuskierig wees.
Published 04/02/20
Kobus neem Amie se hand vol swart verfspatsels in sy pienk gespikkelde hand. “Kyk, ek ken jou eintlik glad nie, maar ek kan sien jy weet wat jy doen. Jy is net een van daardie raakvatmense. Tog is dit dalk nie ’n slegte plan om vir ’n rukkie iets anders te doen nie, weg van die uitmergelende lewe van law and honour.”
Published 03/26/20
Amie lag geforseerd om die trane wat agter haar ooglede brand, te verbloem. Sy kan nie meer aan Gerhard dink nie. Dit maak haar mal. Sy probeer dit keer, maar ’n besef van finaliteit daal swart oor haar gedagtes.
Published 03/19/20
Kobus se selfvoldane glimlag in die spieël is genoeg om haar te waarsku hier kom ’n ding. “Oukei, ek sal vir jou sê, maar jy vertel vir niemand nie, hoor. Sover weet net ek en Anthony. En natuurlik my verskaffer.”
Published 03/12/20
Het Amie ooit die voordeur gesluit nadat sy alles wat sy kon raakvat, in Cooper se kattebak geprop het? Sy kan nie onthou nie. Sy moes net wegkom.
Published 03/05/20
Amie haal diep asem en besluit om die bul by die horings te pak. Sy neem ’n stewige slukkie port vir moed. Hierdie gesprek kan nie langer uitgestel word nie.
Published 02/27/20
In die vervolgverhaal geskryf deur Bernette Bergenthuin, stel Elma Postma ons bekend aan Amie Kühn. Amie se lewe is perfek – sy woon in die mooie Kaap, sy is mal oor haar werk as prokureur en sy gaan uit met die aantreklike Gerhard Vosloo. Maar die perfekte prentjie val vinnig uit mekaar toe sy besef dat sy en Gerhard nie heeltemal dieselfde oor mekaar voel nie. Sy vlug terug na haar tuisdorp, Bloemfontein en die poppe begin behoorlik dans. Tussen haar overbearing ma, feministiese beste...
Published 02/20/20