Episodes
Published 03/31/21
Die Namibiese Minister van Visserye Albert Kawana het onderneem om die landbousektor te ondersteun en om te verseker dat die visbedryf plaaslik aankoop, veral as dit kom by voedsel vir bemanning van skepe en meer. Hy het ook melding gemaak van visfabrieke wat tamaties en meer gebruik. Hy sê alle Namibiërs moet voordeel trek uit Namibië se visbronne, of hulle vang en of hulle boer.
Published 03/31/21
Die Zimbabwiese regering pas op die oomblik die Pfumvudza of Intwasa landbou-program toe. Die program is gebuffer teen die impak van klimaatsverandering en plaas volgens berigte die klem op kleiner boere in die buurland. Voedselsekerheid is die doelwit. Eddie Cross, ‘n Ekonoom in Zimbabwe is vertroud met die plan en gesels vanoggend meer in diepte daaroor met ons...
Published 03/31/21
Die Suid-Afrikaanse Minister van Landbou Thoko Didiza, en verteenwoordigers van landbou-unies, landbou-ondernemings en lede van die burgerlike samelewing het in Pretoria vergader en die ontmoeting is as produktief beskryf. Die deelnemers het die vordering met die opstel en raadgewing van die meesterplan vir landbou en landbouverwerking bepaal. Didiza sê hulle doelwit is die uitbreiding van sub-sektore om by te dra tot ekonomiese groei, inklusiwiteit en werkskepping. Die Hoof Uitvoerende...
Published 03/31/21
Die kommer wat deur die Amerikaanse Cattlemen’s Association uitgespreek is oor bek- en klouseer is weer in die nuus nadat die Adjunkminister van Gesondheid Ester Muinjangue vrae aan die Minister van Landbou Calle Schlettwein in die Nasionale Vergadering gestel het. Die Amerikaanse boere het hulle regering gevra om ‘n verbod om invoere te stel tot die uitbreking plaaslik onder beheer is. Maar Volgens Meatco se Korporatiewe Kommunikasie Bestuurder Rosa Hamukuaja-Thobias het daar tot dusver niks...
Published 03/30/21
Konflik met wilde diere het oor die afgelope jare toegeneem en baie boere, beide kommunaal en kommersieel, sit met hulle hande in hulle hare in verskeie gebiede, veral met olifante. Die Namibiese Ministerie van Omgewingsake het verskeie programme daargestel om die konflik te mitigeer. Die minister is ons gas vanoggend....
Published 03/30/21
Onwettige heinings in kommunale gebied wek kommer en die Namibiese Minister van Landbou Calle Schlettwein het melding van die uitdaging in die Nasionale Vergadering gemaak. Die Tradisionele Owerhede is gemaan om daadwerklike aksie in die verband te neem. Ons gesels vanoggend oor die kwessie en ander boerdery aangeleenthede met die Goewerneur van die Zambezi-streek Lawrence Sampofu...
Published 03/30/21
Unicef in Namibië het opleiding aan onderwysers, leerders en ouers aangebied om te verseker dat groentetuine by skole versorg word. Die opleiding het gesonde eetgewoontes, verbouing en selfs die sorg van saad ingesluit. Skool groentetuine is van kritiese belang vir leerders omdat ongeveer helfte van die land se skoolgaande kinders, ongeveer 400 000, maak staat op skool voeding programme vir ‘n daaglikse ete. Die Ministerie van Onderwys het meegemaak met die opleiding. Unicef Namibië se...
Published 03/29/21
Agribank se totale lenings het van 225 miljoen Namibiese doller in 1990 tot 3 miljard doller in 2020 gegroei. Die syfer van 3 miljard sluit nie reeds afbetaalde lenings in nie en maak net melding van skuld wat nog betaal moet word. Die bank sê verder dat tussen 1992 en 2020 meer as 784 miljoen doller geleen is onder die sogenaamde Regstellende Aksie Leningskema en 3,4 miljoen hektaar is op hierdie manier bekom. Die bank se Hoof Uitvoerende Beampte Sakaria Nghikembua gesels meer in diepte oor...
Published 03/29/21
Francois Theart, Namibië se bekendste slangkenner en tans 'n derdejaarstudent aan die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie se Biodiversiteit Navorsingsentrum, sê slangnavorsing kry geen ­ondersteuning van die privaat sektor óf die regering nie. Theart is besig om ‘n slang konflik plan te bewerkstellig... hy sluit vanoggend by ons aan...
Published 03/29/21
As die Noordwes Provinsie in Suid-Afrika enige aanduiding is, dan is plaasaanvalle besig om toe te neem in die buurland. Die Vryheidsfront Plus het sy kommer uitgespreek oor die toename in plaasaanvalle in Noordwes die afgelope 3 weke met 5 aanvalle wat aangeteken is. Dr Pieter Groenewald Leier van die Vryheidsfront Plus...
Published 03/26/21
Die Namibiese Houtskool Vereniging het ook uitdagings verlede jaar ervaar met inperkings regoor die wêreld as gevolg van die pandemie. Oor die algemeen is die bedryf baie belangrik vir Namibiese boere as deel van die diversifikasie wat aangemoedig word en vir die land, is dit ‘n belangrike uitvoer produk. Ons gans vanoggend is Michael DeGe, die Bestuurder van die vereniging...
Published 03/26/21
Nuus dat die Suid-Afrikaanse rosyntjie bedryf miljoene in verliese gelei het as gevolg van swaar reën, gepaard met laer internasionale pryse, het vrae laat ontstaan oor hoe die plaaslike bedryf vaar. Kosmos 94.1 Landbounuus gesels vanoggend met Willem Visser, die Besturende Direkteur van Silverlands Vineyards naby Aussenkehr in die suide.
Published 03/26/21
Die Goewerneur van die Otjozondjupa-streek James Uerikua het saam met die Voorsitter van die Streeksraad Maralyn Mbakera en die bemarkingsagentskap AMTA tuinbou- en pluimvee produsente besoek. Die goewerneur het insae van belanghebbendes gesoek. Uerikua se Uitvoerende Assistent Elvis Muraranganda sê dit het baie goed afgeloop.
Published 03/25/21
Verskeie kenners en ekonome is van mening dat droogte al die winste wat teen armoede gemaak is, uitwis. Maar, Namibië is ‘n land wat baie droogtes beleef en oor die algemeen, ontvang meeste gebiede tradisioneel min reën. Hoe gemaak met landbou waarop ons so staatmaak en om dinge nog verder te kompliseer, ons bestaansboere wat plant om hulleself te voed. Dr Kobus Laubscher, ‘n deurwinterede Landbou Ekonoom het ‘n paar antwoorde...
Published 03/25/21
Die kommunale boere unie, bekend as die Namibiese Nasionale Boere Unie voorspel rekord oeste in verskeie streke regoor die land. Boere het letterlik vooruit geboer en met die goeie reën is vooruitsigte uitstekend. Die unie het ‘n beroep op boere gedoen om aan te hou verbou, ook met winter gewasse. Vanoggend gesels die President van die unie, Jason Emvula met Kosmos 94.1 Nuus...
Published 03/25/21
Dr Frikkie Maré, ‘n Landbou Ekonoom en Senior Dosent by die Universiteit van die Vrystaat gesels vanoggend oor raad in van studie rigtings vir toekomstige landbouers. Daar is ‘n groot verskeidenheid opsies soos hy verduidelik..
Published 03/24/21
Die knellende droogte in die Kunene-streek geniet op die oomblik aandag nadat die PDM ‘n mosie ter tafel gelê dat die Nasionale Vergadering ‘n taakmag saamstel om die streek te besoek. Boere in die streek het duisende vee verloor en hulle maak staat op voedselbystand om te oorleef. Die taakmag is pas terug in die hoofstad en die Voorsitter, Nono Katjingisiua, gesels vanoggend met Kosmos 94.1 Landbounuus oor wat hulle ervaar het.
Published 03/24/21
Namibiese grondboontjie produsente het meer as 1 000 hektaar die jaar geplant en ‘n bogemiddelde oes word verwag. Dawie Kok, Voorsitter van die Grondboontjie Vereniging sê reënval was tot dusver baie goed en daar was nie noemenswaardige uitdagings nie. Hy sluit by ons aan...
Published 03/24/21
Daar word ‘n groot afname in die oes vooruitskattings vir rosyntjies in Suid-Afrika verwag. Die swaar reën wat ontvang is het skade aangerig. Ferdi Botha, Raisins SA se Hoof Uitvoerende Bestuur gesels vanoggend met Pieter Moller in Suid-Afrika oor verwagtinge en die stand van die bedryf.
Published 03/23/21
Die tweede weergawe van die Harambee Welvaartsplan het nie melding gemaak van landbou nie, ook nie in sy ekonomiese pilaar nie. Die begroting het ook nie werklik enige noemenswaardige bydraes aan landbou gemaak nie. Tog, word landbou voorgehou as een van die ekonomiese sektore van die ekonomie grootliks ondersteun en werk skep. Voedselsekerheid en grond tekorte raak ook al hoe meer uitdagend vir die Swapo-regering... Die bekende Unam Ekonoom Dr Omu Kakujaha Matundu sluit by ons aan....
Published 03/23/21
Goeie reën syfers beteken nie noodwendig ‘n beter oes vir mielie- en mahangu-produsente nie. Daar was uitdagings wat veral witmielie produsente geraak het. Reën het laat gekom so hulle het later geplant en die sprinkaanplaag bring ook tans sy eie uitdagings. Gilbert Mulonda, die Algemene Bestuurder van Akkerbou en Tuinbou by die Namibiese Akkerbouraad gesels in diepte vanoggend met ons oor die vooruitskattings.
Published 03/23/21
Die Namibiese Ministerie van Landbou sê die tweede rooi sprinkaanplaag is baie erger as die eerste een en baie groter vlieënde swerms word gewaar. Margaret Kalo, Woordvoerder van die ministerie sê daar is tans nie voorraad vir plaagdoders nie.
Published 03/19/21
Bank Windhoek en Voermeester bied vir die tweede keer die nasionale Jeug Beesbeoordeling Kursus en Kompetisie. Die mikpunt is om Graad 9 tot 11 leerders op te lei as beoordelaars van beesrasse. Dawid Krause, die Korporatiewe Handelsmerk Spesialis van Voermeester gesels vanoggend met ons hieroor...
Published 03/19/21
Daar's 'n Meatmaster stoetveiling en die Suidelike Bul- en Vroulike Diere veiling... Paul Klein van Agra Veilings gesels...
Published 03/19/21